wall4a
Hieroor praat mense

Inspirasie-agtergronde ‘wallpapers’ vir jou rekenaarskerm

SARIE het in 2009 ‘n volle 60 jaar jonk geword! En om dit te vier gee ons graag vir jou ‘n gratis inspirasie-geskenk – ‘n prag-agtergrond met ‘n goedvoel-gedagte vir jou rekenaarskerm. Die foto’s hiervoor het in ons Januarie jaarkalender verskyn en is ‘n kombinasie van ons mooiste vintage-voorblaaie en stillewe-foto’s wat deur die jare in SARIE verskyn het. Daar is 12 om van te kies – laai elke dag, week of maand ‘n ander agtergrond af. Kies en keur soos jou hart begeer. Onthou ook om jou vriende hiervan te vertel!

Hierin lê ons inspirasie vir dié agtergronde:

“Ons skryf en skep, luister en gee ons mening, ons reis van Tietiesbaai na Thailand, Potchefstroom na Portugal, ons neem foto’s wat ons argiewe van hoek tot kant vul, ons deel vreugdes, deel mekaar se pyn, ons verwerk teleurstellings en proe oorwinning. En ja, natuurlik, ons bak en brou asof daar geen môre is nie. Maar méér as dit . . . ons vertel stories. Deernisvolle Suid-Afrikaanse stories. Stories van die land en gewone mense wat ongewone dinge doen. Ons maak memories.” – Michélle van Breda in haar Julie-redakteursbrief.

Laai jou agtergrond hier af.