Carol Tshabalala, die gesig van Surf se nuwe veldtog, #WomenInWhite

Carol Tshabalala, die gesig van Surf se nuwe veldtog, #WomenInWhite

Hieroor praat mense

Inspireer vroue met ons Voorbladgesigte en Surf

Vroeër vanjaar het die waspoeier-handelsmerk Surf hul nuwe veldtog bekend gestel waarmee hulle vroue wil bemagtig en inspireer.

Die veldtog #womeninwhite het afgeskop met rokke van die Suid-Afrikaanse ontwerper Black Coffee. Dié rok is aan sekere vroue gegee met die idee dat elke vrou dit as geskenk vir iemand gee wat haar inspireer. Daardie persoon gee dit weer aan iemand anders wat haar inspireer ensovoorts.

Die rokke dien as ’n teken van inspirasie en bemagtiging onder vroue om mekaar te erken, te vier en te ondersteun.

SARIE het ook dié wit rokke gekry en vir vroue gegee waarby óns inspirasie vind. Ons het gekies om dit aan ons vorige Voorbladgesig-wenners te gee – elkeen ’n inspirasie op haar eie manier en ’n bewys dat sterkte en skoonheid hand aan hand loop.

Alrie Velleman (wenner 2011)

alrie_veeBaie dankie @sarietydskrif vir die nominasie vir Surf Auto se #WomenInWhite veldtog wat inspirerende vrouens vier. Wit is vir my simbolies van n nuwe begin, selfvertroue, eindelose moontlikhede en vryheid. Dis presies hoe ek voel in die wit rok van @blackcoffeeza! Ek nomineer iemand wat my inspireer en altyd daar is vir my. @lizemuller10 dankie vir alles wat jy vir my beteken en die lig wat jy in my lewe is xxx #WomenInWhite #sarietyskrif #surfauto #inspire

Baie dankie @sarietydskrif vir die nominasie vir Surf Auto se #WomenInWhite veldtog wat inspirerende vrouens vier. Wit is vir my simbolies van n nuwe begin, selfvertroue, eindelose moontlikhede en vryheid. Dis presies hoe ek voel in die wit rok van @blackcoffeeza!
Ek nomineer iemand wat my inspireer en altyd daar is vir my. @lizemuller10 dankie vir alles wat jy vir my beteken en die lig wat jy in my lewe is xxx
#WomenInWhite #sarietyskrif #surfauto #inspire

Tana Ferreira (wenner 2012)

Kyk na nóg van Tana se foto’s HIER

Marike Nel (wenner 2013)

marikenelBaie dankie SARIE vir die nominasie as inspirerende vrou, wat deel vorm van Surf Auto se WomenInWhite veldtog. Ek het dit gewaag om hierdie spierwit Black Coffee rok vir 'n dag tussen die klein kindertjies te dra, want dis juis daar waar my sukses storie lê. Ek het al só baie by die klein kindertjies geleer, veral ten opsigte van hul opregtheid, eerlikheid en hul rein harte wat net onophoudelik wil liefde gee. Ek het gevoel watter verskil dit maak om te kan gee, van jouself, jou tyd, jou wysheid en al jou liefde. Ek het gesien dat liefde genees, en dat hoe meer jy daarvan gee, hoe meer word jy daarmee gevul en self ook genees. So my sukses lê in die geskenk om te kan gee en oorvloedige liefde te kan beleef en te deel.Mag elke vrou daar buite besef dat sy 'n inspirasie is en dat haar lewe 'n suksesstorie is, ongeag wat sy al deur is. #WomenInWhite #sarietydskrif

Baie dankie SARIE vir die nominasie as inspirerende vrou, wat deel vorm van Surf Auto se WomenInWhite veldtog. Ek het dit gewaag om hierdie spierwit Black Coffee rok vir ‘n dag tussen die klein kindertjies te dra, want dis juis daar waar my sukses storie lê. Ek het al só baie by die klein kindertjies geleer, veral ten opsigte van hul opregtheid, eerlikheid en hul rein harte wat net onophoudelik wil liefde gee. Ek het gevoel watter verskil dit maak om te kan gee, van jouself, jou tyd, jou wysheid en al jou liefde. Ek het gesien dat liefde genees, en dat hoe meer jy daarvan gee, hoe meer word jy daarmee gevul en self ook genees. So my sukses lê in die geskenk om te kan gee en oorvloedige liefde te kan beleef en te deel.Mag elke vrou daar buite besef dat sy ‘n inspirasie is en dat haar lewe ‘n suksesstorie is, ongeag wat sy al deur is. #WomenInWhite #sarietydskrif

Jy kan ook deel wees van dié veldtog! Deel ’n foto in ’n wit uitrusting met die hashtag #WomenInWhite