VIDEOGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

Inspirerende video: Vroulik én sterk – ballerina wys haar staal

Die Amerikaanse ballerina Misty Copeland is die eerste vrouegesig van die atletiese drag Under Armour. En met dié video bewys sy vroulik beteken nie noodwendig swak nie.

In die video, wat vinnig oor die internet versprei, fokus die kamera op dié ballerina van die American Ballet Theatre. Misty is die eerste vrou as gesig van dié handelsmerk wat gewoonlik net mans kies vir hul advertensies.