FOTO Instagram @iris.apfel/

FOTO Instagram @iris.apfel/

Hieroor praat mense

Lewenslesse van ’n 95- en 69-jarige op Instagram

Instagram is groot nuus deesdae en dit verg nogal tyd en vernuf om ’n following op te bou. Dié sosialemedia-platform word meer met die jonger geslag geassosieer, maar tog gebruik al hoe meer van die ouer garde dit om hul lewensfilosofie te deel.

Die 69-jarige Lili Hayes met haar meer as 30 000 volgers en die 95-jarige mode-ikoon Iris Apfel met haar 470 000 wys ons hoe!

@lili_hayes

Ons het nie dié Insta-bekende geken voordat ons van haar op Vogue se webblad gelees het nie. Maar dankie, Vogue, dat julle haar aan ons bekend gestel het!

Wat maak haar uniek? Lili is skreeusnaaks. Vogue noem haar die menslike ekwivalent van ’n Grumpy Cat-meme. Lili gesels op Instagram met ’n swaar Joodse aksent oor alledaagse probleme – van jou selfoon wat afgeloop het (kyk die video hieronder) tot hoe om fiks te bly.

Wie sal van haar hou? Haar grappies is dalk nie vir almal nie, en soms ’n bietjie kras, maar ons moet haar sowaar prys vir haar innoverende gebruik van Instagram. Haar unieke klerestyl loop deur onder die kritiek, maar sy het altyd ’n skerp antwoord gereed.

Les wat ons by haar leer: Lili sê: “Ek weet wat ek wil hê en ek hou van wat ek hou.” Dis dié sterk identiteit en selfvertroue wat mense aantrek.

@iris.apfel

Dié binnehuisversierder het al die Withuis onder nege presidente onder hande gehad, maar veral bekendheid verwerf vir haar besonderse klerestyl. Vir haar werk moes sy en haar man wyd reis en dis op hierdie reise wat sy haar unieke nie-Westerse klere gekoop het. Sy het die klere na haar invloedryke kliënte se partytjies begin dra en ’n mode-ikoon in dié kringe geword.

Hoekom is sy bekend? In 2005 het sy op 83 jaar wêreldberoemd geword toe die Metropolitan Museum of Art in New York haar klere uitgestal het. Daar is ook in 2014 ’n dokumentêr oor dié eksentrieke vrou gemaak en sy het verskeie klerereekse ontwerp saam met top-ontwerpers.

The Eccentrics Photo by: Rufen Afanador A photo posted by Iris Apfel Official (@iris.apfel) on

Wie sal van haar hou? Enigiemand wat mal is oor mode. Dis duidelik dat sy haar nog nooit laat voorskryf het nie en dis juis dít wat van haar ’n mode-ikoon maak.

Les wat ons by haar leer: Moet nooit ophou pret hê nie – en as jy twyfel, dra rooi lipstiffie.

Photo by: Jenna Marie Wakani   A photo posted by Iris Apfel Official (@iris.apfel) on

Lees nou

Helen Mirren is op Instagram!

Instagram: Ons gunsteling-profiel van 2016

Almal neem nou hul Instagram-foto’s só!