Mimi Anderson wil SA se vryheidsroete ten bate van liefdadigheid doen. FOTO: verskaf

Mimi Anderson wil SA se vryheidsroete ten bate van liefdadigheid doen. FOTO: verskaf

Hieroor praat mense

Internasionale atlete help SA vroue

Twee internasionale atlete bekend as die Freedom Runners gaan in September meer as 2 350 km aflê om Suid-Afrikaanse vroue te ondersteun.

Mimi Anderson en Samantha Gash hoop om sowat R560 000 in te samel wanneer hulle in 32 dae vanaf Pietermaritzburg tot in Kaapstad gaan hardloop op die Vryheidsroete.Hulle gaan dié geld gebruik om ’n sosiale-onderneming te begin wat sanitêre produkte en onderrig aan vroue en skooldogters in Suid-Afrika gaan verskaf.

Die hoop is om plaaslike vroue te leer om self herbruikbare sanitêre produkte te maak, sodat vroue nie net ’n meer higiëniese leefstyl het nie, maar ook selfonderhoudend kan wees.

Die Australiese ultra-marathon atleet, Samantha Gash. FOTO: verskaf

Die aktrise Vanessa Haywood, wat in District 9 gespeel het, is een van die veldtog se groot ondersteuners en bydraers.

So lyk die vryheidsroete wat vanaf Pietermaritzburg tot in die Paarl strek. FOTO: verskaf

“Daar is ’n ongelooflike tekort aan bewustheid rondom menstruasie en die impak daarvan op die onderrig van vroue in ons land,” meen Vanessa. “Ek het ’n diep bewondering vir wat Mimi en Sam wil bereik in hul soeke na ware vryheid vir vroue in Suid-Afrika.”

Aktrise Vanessa Haywood. FOTO: Twitter

Aktrise Vanessa Haywood. FOTO: Twitter

Mimi en Sam gaan omtrent 80 km elke dag aflê. Mimi, van Brittanje, is ’n gesoute marathon-atleet en Sam van Australië is die eerste vrou wat die vier woestyne grand slam-reeks voltooi het. Dié reeks bestaan uit vier 250 km ultra-marathons in Chile, Sjina, Egipte en Antarktika.

’n Emmy-bekroonde rolprentspan gaan ook ’n dokumentêr maak oor die twee vroue se tog deur Suid-Afrika.

*Vanjaar se SARIE/Clarins Most Dynamic Woman, Sue Barnes, bestuur ’n projek wat inligtingsessies oor puberteit, menstruasie en persoonlike higiëne in KwaZulu-Natal aanbied. Lees meer hier oor Sue se Project Dignity.

Sue Barnes en ontwerper Gert-Johan Coetzee

Sue Barnes en ontwerper Gert-Johan Coetzee

Kitsfeite

  • 30% van meisies in SA mis skool wanneer hulle menstrueer. Dit lei daartoe dat sommige meisies byna vir 3 maande van die jaar nie skool toe gaan nie.
  • 60% van vroue en meisies het nie toegang tot tradisionele sanitêre produkte nie.
  • 31% van mense leef op minder as R11 per dag – die goedkoopste sanitêre doekies kos dubbel dié prys vir ’n pak van 10.