Screen Shot 2016-11-11 at 4.00.50 PM
Hieroor praat mense

Internet en Blitsbokke gons: Mannequin, wat?!

Op die internet is daar gereeld uitdagings, sommige daarvan vir ’n goeie doel – dink #Icebucketchallenge. Ander is weer byna te bisar om te noem. Nou gons dit op die internet oor een in besonder: The Mannequin Challenge.

Ja, liewe gebruikers van die kuberruim, daar’s ’n nuwe uitdaging. Een waaraan selfs Hillary Clinton en lede van die Kardashian-familie deelgeneem het. Hoe werk dit? Jy vries in ’n posisie terwyl musiek speel, dan neem iemand ’n video. Klink belaglik, maar dit gaan viral. En op  Woensdag, 9 November, het dié uitdaging meer op die kuberruim getrend as die Amerikaanse verkiesing, berig Gizmodo.

Selfs die Blitzbokke het aan die uitdaging deelgeneem. En die X-Files se temalied gebruik!

Die realiteitster Rob Kardashian en sy verloofde, Blac Chyna, het voor die geboorte van hul eersteling, Dream Renee, ’n #Mannequinchallenge in die kraamsaal gedoen. Kyk net hier:

 

Dream Team #mannequinchallenge

 

A video posted by Blac Chyna (@blacchyna) on

Ook Hillary en Bill Clinton het dié uitdaging aangepak:

En Michelle Obama:

The official @kingjames version. #MannequinChallenge A video posted by COMPLEX (@complex) on

Wat dink jy van hierdie uitdaging?

Lees nou

8 top-grimeerwenke vir jou troudag

Is dit Marmite of Bovril?