FOTO Facebook/ Luna Photography

FOTO Facebook/ Luna Photography

Hieroor praat mense

Internet-liefdesverhaal: ’n Twiet en ’n troue

Danksy sosiale media het twee Britte hul eie moderne sprokiesverhaal geskep.

In 2012 het Jonathan O’Brien die Twitter-rekening bestuur van die boekwinkel Waterstones se tak in Oxfordstraat, in Londen. Sy twiets het dikwels skerp humor en grappies oor skrywers en hul woorde ingesluit. Min het hy geweet dat Victoria O’Brien sy twiets gate uit geniet – sonder dat sy geweet het wie hy is.

Victoria het toe die volgende getwiet:

Jonathan het nie gehuiwer om te reageer nie. Op Waterstone se Twitter-rekening, natuurlik!

Maar Victoria het, met hierdie oulike twiet, die laaste sê gehad:

Victoria is daarna deur ’n vriendin uitgedaag om ’n afspraak met Jonathan te reël. Die twee het mekaar toe in ’n boekwinkel (waar anders?) ontmoet. Die paartjie het in 2014 verloof geraak en is vroeër vandeesmaand getroud. Sy het hierdie twiet gestuur:

Klink soos iets uit ’n romkom van Tom Hanks en Meg Ryan!

Lees nou

Slaan hom vir ’n ses, Kagiso!

Ons opwindende lewe in Herceg Novi, Montenegro