Brian Flemming Beyond the Miles

Brian Flemming Beyond the Miles

Hieroor praat mense

Man verloor 174 kg danksy internetvriendskap

Die Amerikaner Brian Flemming het twee jaar gelede 284 kg geweeg. Maar danksy ’n vriendskap wat hy oor die internet aangeknoop het, het hy sedertdien 174 kg verloor!

In 2012 het Brian eintlik opgegee: hy het ’n drankprobleem en hoë bloeddruk gehad. Hy was op pad om ’n diabeet te word en het herhaalde infeksies in sy bene gekry. Hy het ook aan depressie gely.

Toe ontmoet hy die Britse vrou Jackie Eastham terwyl hulle ’n aanlyn-speletjie gespeel het. Hulle het begin gesels en ’n hegte vriendskap gevorm.

Brian Flemming Beyond the Miles

LINKS: Brian op sy swaarste, REGS: Brian 174 kg ligter
FOTO:Brian Flemming Beyond the Miles

Jackie ly aan spierdistrofie en het vir Brian vertel dat sy haar siekte beheer deur ’n gesonde leefstyl te volg. Hulle het mekaar aangemoedig om gesonder te leef en Brian se lewe het handomkeer verander.

Brian Flemming Beyond the Miles

Brian het vir Jackie in Brittanje gaan kuier
Brian Flemming Beyond the Miles

Brian het ophou drink en gesonder begin eet. Ná hy in 2013 vir Jackie in lewende lywe ontmoet het, was hy geïnspireer om te begin draf.  Aanvanklik was dit maar moeilik, maar vinnig het hy verbeter.

Hy het ook onlangs sy eerste half-marathon gehardloop! En hy het dít gedoen ten bate van spierdistrofie – as huldeblyk aan die vrou wat sy lewe verander het.

Bron: The Telegraph