• Karin

    Ek sal graag wil weet hoe 2011 se kompetisie die ander finaliste se lewens beinvloed het. Daar was mooi gesigte en ek sal nie omgee om van hulle weer te sien nie.

  • Annette

    Sarie het ons laat glo ouer dames staan ook ‘n kans. Dit was nie waar nie………miskien moet julle 2 Kompetisies hou: 18-35jr en 36 -50 jaar oue dames. Daar is STUNNING ouer vroue daar buite, maar julle sien slegs die bloedjong meisies raak!

  • Maryke van SARIE

    @Karin. Dis ‘n blink plan. Dink ons sal sommer so ‘n reeks op sarie.com aanbied. Ons spring dadelik aan die werk.

  • Tunet Jordaan

    My hart fladder as ek aan die Sarie Voorbladgesig kompetisie dink. Ek wou laas jaar ook (baie) graag ingeskryf het. As mens sit en jou kop laat gaan kan jy maklik ‘n duisend redes vind hoekom jy nie moet inskryf vir so ‘n tipe kompetisie nie.
    Veral as jy die vorige jaar se deelnemers bekyk en voorblaaie oor die algemeen. Vrae soos is my hare lank genoeg, my tande mooi maal deur my kop. Maar ek het gevind dat om te waag die beste leuse is om aan die dag te lê.
    Vir my is en was Sarie nog altyd een van my gunsteling tydskrifte. Die hele tydskrif is so pragtig, van die blad uitleg tot die keurige gebruik van aanloklike fotos.
    Tyd om myself uit te daag! Of hoe? (Wel en bygesê mens leef slegs eenmaal.)

  • Cindy Vosloo

    Ek wil baie graag di Kompetisie deelneem, mar ek is ni maer ni, so wat is my kanse? Di is een van my grootse drome…

  • Karin

    @Cindy
    Wie nie waag nie, sal nie wen nie. Of soos een van die deelnemeers verlede jaar gesê, ek dink nogal dit was Alrie, jy kan nie ‘n vis vang as jou lyn nie in die water is nie.

  • Chel Rosenberg

    Ek wil net vir Hesti Botha se dat ek duim vas hou and weet sy is al klaar my voorbladgesig van die jaar vir 2012. Jy is fotogenies!!!

  • Elma Tiran

    Ek se net hulle moet nie dat die publiek stem nie,, want al die vriende gaan so hule spefieke foto op en stem net daar…Dit is hoekom die ouer vrou nie n kans het nie….Ek se die SARIE personeel moet alleen stem reg he…Hulle moet hulle in ouderdomsgroepe indeel en vandaar vat…
    se maar net…

  • Leonie

    Hi daar ek wil net graag hoor of dit egter nodig is dat die fotos professioneel geneem moet word of hoe?Dink ook julle moet miskien n ma & dogter kompetisie doen, so betrek dit die ouer en die jonger.

  • Karin

    HI

    Wanneer plaas julle van die inskrywings op die website? Of kyk ek dit net mis?

  • Judy

    Het na sommige fotos gekyk en daar is regtig baie mooi meisies. Maar miskien moet julle dit duidelik maak vir die dames dat dit n voorbladgesig foto is en dat dit nie nodig is vir van die meisies om te veel te wys nie en te veel uit te trek nie.

  • Celeste

    Ek weet sowaar nie hoe Sarie net 35 finaliste gaan kies nie! Ek sien egter daar is ten minste 3 FHM -modelle wat ingeskryf het, asook ander modelle (o.a ‘n C.I.G.A.R.E -model). Dan is dit ook nog selfs vir ‘n leek moontlik om te sien dat van die fotos ge’photoshop’ is.

    Verlede jaar het SARIE ‘n oud-mev. Suid-Afrika en self ‘n eks- mej. Tiener, asook ‘n Mrs. Modern Woman onder die finaliste gehad – weet die redaksie dit en ‘Google’ julle ooit van die name wat inskryf? Dit laat die gewone Sarie-leser met geen kans om te wen nie – SARIE se lesers is nie oningelig nie en SARIE moet nie sy lesers onderskat nie.

    Ons is regtig moeg vir die stereotipe -modelgesigte. Selfs verlede jaar se wenner, Alrie Velleman, was derde in die mej. Tiener -kompetiesie (ek dink dit was 2008). Nee wat, as julle enigsins geloofwaardig wil wees, moet julle hierdie jaar nie een model onder die top 35 kies nie – daar is genoeg ander vars gesigte wat nie gedokter hoef te word om mooi te lyk nie.

    Of kompeteer SARIE met Rooi Rose om ‘n nuwe super-model te vind?

  • Celeste

    Hallo! Ek wil net weet hoekom Sarie kommentaar modereer? Ek het ‘n kommentaar deurgestuur en sien dit nie hier nie. Besluit julle om kommentaar waarvan julle nie hou nie, nie te plaas nie?

  • Elanza

    Ek stem saam…wie nie waag nie sal nie kans he om te wen nie! Die lewe is kort, geniet dit en moenie jouself beperk nie. @Cindy, jy moet inskryf!

  • Amelia

    Ek wil graag my dogter in skryf, maar sy word eers in Augustus 2012, 18. Kan ons deelneem?

  • Andreka

    eks bly ek het ingeskryf dis n kans wat ek vat wie weet wel sterkte an voorspoed hoop vir almal die beste

  • Elma Tiran

    Hierdie kompetisie is baie duidelik nie vir die ouer vrou nie…….

  • Chrisna Ellis

    Ek verstaan dat Sarie hulle inskrywings oop maak vir alle ouderdomme, eks self nie n deelnamer aan hierdie kompetisie nie want ek voel eks n 22 jarige meisie, ek koop of lees nie eers die Sarie nie, maar eks n buite staander van n deelnemer waar ek voel nie die regte mense gaan n kaans kry in hierdie kompetisie nie,Sarie gaan oor vrouens en mense wat hulle part al in die lewe gespeel het wat n 18 0f 20 jarige nog nie het nie. Die meerderheid meisies wat julle altyd kies het in hulle lewe nog nie eers n Sarie gekoop of gelees nie, hoe kan julle so iemand op julle voorblad wil sit?? Dit maak n mens net wonder of hoe erenstig vat julle,julle eie tydskrif op!!

  • Tanya

    Ek dink Sarie is briljant…nommer een, kyk hoe baie jong meisies het ingeskryf! Dit beteken Sarie target ‘n hele nuwe industrie…En ek dink dat baie dames meer positief moet wees. Almal voel dat die kompetisie nie vir die ouer dames is nie, maar as die ouer dames sulke interessante oulike foto’s neem soos die ander girls, dan hoef niemand negatief te raak hieroor nie…! Laas jaar se wenner is perfek gekies vir die voorblad…en as Sarie dit toe kon doen het ek volle vertroue dat hulle ‘n uitstekende dame gaan kies as die wenner…!! Ek sien baie uit na Sarie se uitgawe wat die top girls gaan inhê! Sarie..hou aan met wat julle doen! Ek is self 23 en bloedjonk en steel steeds my ma se Sarie as sy hom miskien voor my gekoop het! En sterkte aan al die meisies wat ingeskryf het! ‘May the best girl win’

  • Celeste

    Sarie, julle het my vorige kommentaar nie geplaas nie. Ek wil maar net noem dat daar verlede jaar nie minder as twee voormalige mev. Suid-Afrikas onder die top-35 was wat jul gekies het. Dit is regtig onregverdig teenoor die ander meisie was ook mooi is en nie ‘n plek kry nie – Sarie moet seker maak iemand wat reeds onder die finaliste in ‘n ander bekende kompetisie was, word nie weer gekies nie. Baie van die meisie is modelle met portefeuljes – ek wonder of hulle die Sarie lees? Dan ook: julle het ‘n mej. Tiener onder verlede jaar se finaliste gehad en ook Alrie was ‘n mej. Tiener-finalis. Ek dink regtig dit is onregverdig dat hierdie meisies gekies word vir die top-35, want hulle hou ander onbekende meisies uit wat ook baie mooi is – hierdie meisies het ook nie die fotograwe, beligting, photo-shop, ens. wat die proffesionele modelle het nie. Dit sal ook vir Sarie in die verleentheid stel as die FHM -modelle wat hierdie jaar ingeskryf het ondier die top-35 is. FHM het ‘n ander mark as Sarie. Die redaksie moet mooi kies as hulle die top-35 kies. In elk geval – hoe kies ‘n mens net 35? Ek tel ten minste 40 wat beeldskoon is! Ek daag Sarie uit om hierdie keer my kommentaar te plaas.

  • James

    I hear Zanelle Breedt is entering and I think she is absolutely stunning and I believe she will only be fitting for the SARIE cover! She’s been in magazines numerous times, and I think it’s time for her to feature on a cover, and what better cover than SARIE?! But good luck to all the models that entered and to the judges for choosing the finalists for the cover!

  • ANSOPHE

    Ons is ‘n groep skoonheidsterapeute wat deur al die inskrywings gegaan het en na elke deelnemer se 3 fotos gekyk het. Kan Sarie se redaksie asb. antwoord op van die kommentaar wat hier geplaas word, want dit voel asof julle dit nie raaksien nie. Ons is dit eens dat dit onmoontlik is om op grond van drie fotos hierdie meisies te beoordeel, aangesien daar dusver (ons trek nou by sowat 690 inskrywings per internet) sowat 90 deelnemers is wat volgens hul fotos beeldskoon is. Watter faktore gaan Sarie in ag neem? Verlede jaar was ons geskok dat sommige van die finaliste glad nie gelyk het soos hulle op hulle fotos lyk nie (toe die videos geneem was). Dit is regtig onmoontlik om te beoordeel net op die fotos – beligting, make-up, photo-shop, goeie fotograaf, ens. kan selfs ‘n gemiddelde "Sarie’ beeldskoon laat lyk. So kan ‘n mooi meise uitval op grond van die fotos alleen. Julle moet eerder seker maak en bv. 50 kies en dan laat inkom vir ‘n kort onderhoud, want dis om’t ewe omdat goed die top-10 ewe mooi is, maar die persoonlikheid mag die deurslag gee. Ook: ‘n ouer vrou (bo 40) sal ook ‘nice’ wees, want dan kan die jonges ‘n voorbeeld navolg. Julle kan ons maar glo: dis bitter moeilik om goed te lyk na 40, om nie eers te praat van na 50 nie. Terloops, daar is ‘n inskrywing wat 50 is, wat lyk asof sy 25 is!!! HOE JUDGE JULLE???

  • Chané

    Ek is nie seker of my inskryfvorm deurgegaan het nie, kan julle my net laat weet of julle dit gekry het. Dankie.

  • Ansie Prinsloo

    Ek sukkel om my dogter se inskrywing op die webtuiste te plaas – kan iemand dalk help.

  • Fransman

    Skoonheid verkoop want almal wil so mooi lyk soos die vrou op die voorblad!
    Ek dink egter Sarie moet ook ‘n kompetiesie hou vir die meer elegante ouer vrou, die meeste van Sarie se lesers val in hierdie groep. Jonk bly mooi, almal raak egter ouer, stylvolle elegante ouer vrouens is vir my egter mooi ingekleur met die lewe se kwas, ‘n kunswerk verdien deur die aanloop vd jare….

  • Belinda

    Baie voorspoed aan al dieSarie gesiggies , julle is almal pragtig en dankie aan Sarie weereens aan ‘n fantastiese tydskrif

  • Twanette en Ansophe

    Ai, Sarie, vergun ons die geleentheid om weer kommentaar te lewer. Ons het nou deur al die inskrywings gewerk. Sowaar, daar is ten minste 100 beeldskone meisies (ons het verby die valse wimpers, soms baie grimering en ‘photo-shop’ probeer kyk). Hoe gaan Sarie ooit net 35 kies? Ons het vir julle raad: kies die 100 mooistes, gooi hulle name in ‘n hoed en laat elke beoordelaar ‘n kans kry om sy kwota name uit die hoed te trek. Dit is regtig om’t ewe wie gekies word, want sekerlik is daar ten minste 50 tussen wie julle nie gaan kan kies nie. Sodoende sal daar nie ‘n meningsverskil tussen die redaksie-lede onstaan nie. O ja, om dit nog makliker te maak: diskwalifiseer die inskrywings wat twee keer ingeskryf het en wel met meer as 3 foto’s. En let tog ook op wie ‘pose’ vir FHM (dit sal darem ‘n ding afgee as ‘n gesig op Sarie se voorblad pryk wat ook haar mond vir FHM pruil!). O ja, ons sien daar is weer ‘n paar eks mej. /mev. Dit-of-Dat/ van Alles -en-nog-Wat wat weer deelneem en natuurlik ander mooies en varses uit die top-35 hou (nes verlede jaar) – spaar ons dit hierdie jaar, asb.. Sarie moet regtig woord hou en ‘n splinternuwe gesig kies wat nog nooit iets gewen het nie. Ons is beskikbaar om te help met die beoordeling, want nie een van ons neem deel nie. Hierdie kompetisie is onmoontlik – ‘n mens kan nie oordeel net op foto’s nie, veral nie as net 35 gekies word nie. Persoonlikheid en styl tel baie en gee dikwels die deurslag wanneer jy moet kies tussen meisies wat ewe mooi is. Sarie neem dit nou ongelukkig nie in ag nie. Foto’s kan ook maar bedrieglik wees!

  • Jacoba

    Hoekom wys nie al die kommentaars by ‘n foto nie?

  • Maria

    Ek dink ook nie dat ouers vrouens kan meeding met bloedjong meisies nie. Twee verskillende kompetisies sou meer regverdig wees,Buitendien sou ek se ‘n Sarie leser is eerder 30 en ouer en sou eerder assosieer met ‘n elegante vrou as ‘n jong pragtige meisie?

  • Marietjie Wolmarans

    Nerisha Powroznik het beslis die gesig vir Sarie se voorblad. Sy het ‘n sterk, maar vroulike gesiggie. Lekker blas vel en sy is ook baie fotogenies. Sy het nie net ‘n mooi gesiggie nie, maar ‘n baie mooier geaardheid. Sy sal defnitief ‘n impak op baie ander jong meisies se lewe hê.

  • Gerda

    Ek sal graag wil weet of julle die inskrywings wat met die pos gestuur word ook op website plaas. Ek weet van verskeie mense wat dit gepos het en die foto’s is nog nie geplaas nie.

  • Desiree

    Hier is regte baie mooi meisies en dames sterkte vir die beoordelaars maar ek stem hier is ‘n paar wat te veel wys dit is ‘n voorblad gesiggie wat hul soek nie PlayGirl penthouse girl nie.

  • Jeannette

    Ek het seker nou al X20 probeer om in te skryf met geen sukses… Kan iemand vir my se wat ek verkeerd doen. Elke veld is ingevul maar hy reject nogsteeds die inskrywing..

  • Julian

    Ek stem saam met Chrisna en Celeste. Gee die meisies wat nog nie aan die kollig blootgestel is kans.
    Daar is baie pragtige meisies wat nog net nooit die kans of die moed gehad het om so iets te doen nie.

  • Taya

    Stylvolle vroue van verskillende ouderdomme koop die SARIE. Ouderdom is slegs ‘n nommer. Natuurlike skoonheid& blydskap op enige ouderdom bly mooi. Soms is dit beter om soveel tyd aan die verbetering van jouself te bestee, sodat daar nie tyd is om ander te kritiseer nie. Positiewe energie in! Negatiewe energie uit! Hierdie is steeds ‘n geleentheid vir elkeen wat die kans vat om in te skryf. So, geniet die ervaring& opwinding. Op die ou einde word daar inelkgeval slegs een persoon gekies vir die voorblad gesig, ongeag van ouderdom. Wie weet? Miskien is daar in die toekoms ‘n kompetisie spesifiek slegs vir ‘n ouer ouderdomsgroep. (Ek wonder of die jonger dames uitgesluit gaan voel?)

    “What you see and what you hear depends a great deal on where you are standing. It also depends on what sort of person you are.”
    ? C.S. Lewis

  • Taya

    O, ja! & die bron van inspirasie is nie beperk tot ‘n spesifieke ouderdom nie!
    Individue inspireer ander ten opsigte van die wyse waarop hul moeilike uitdagings in hul lewens oorkom, hul talente en kreatiwiteit gebruik of ‘n verskil maak in die lewenskwaliteit van ander. Hierdie uitdagings wag nie noodwendig vir ouderdom nie. Laat die verlede jou beter maak, nie bitter! ‘Make the circle bigger!’

  • Karin

    @ Tanya, Ek hou sommer baie van jou kommentaar. Dis wat ek van Sarie hou. Ek het altyd Sarie saam met my ma gelees. Ek is nou 46, wat beteken dat Sarie haarself heeltyd bly vernuwe. Ek het die afgelope meer as 30 jaar enkele uitgawes gemis, en die afgelope 10 haar beslis nie nie een nie. Dit is Sarie se kompetisie en voorblad, Dis hulle en die borge se uitsluitlike reg om te kies wie hulle dink ‘n waardige wenner sal wees. Ek dink dis baie moeilik om ‘n keuse te maak, en die regte finaliste te kies. Ek dink dat enige een van 100+ meisies verlede jaar ook op die voorblad kon verskyn het!! Aan die wat die hele tyd so krities is, dit is onnodig, daar kan net een wenner wees. Verlede jaar se wenner is uit meer as 3000 wenners gekies! Dit maak jou kans om te wen, skraal – wees tog net realisties ook!

  • Nikki

    Dit sou n goeie idee gewees het om hierdie kompetisie in 2 ouderdomsgroepe te gehou het, want hoe kompeteer n vrou ouer as 30 met n 18 jarige? Die inskrywings is regtig van baie hoe kwaliteit, sterkte aan die beoordelaars en deelnemers.

  • Rozanne

    Ek sukkel net so om my inskrywin op te laai.

    Kan iemand dalk laat weet of dit wel deur is.

  • Bianka

    hoekom wil my inskrywing nie werk nie :-(..ekt dit no al menigde kere probeer maar dit wil net nie ophou laai nie??hoe weet ek of dit gewerk het? Help asseblief :-)

  • Victor

    Good Luck aan die Sarie -redaksie wat net 35 dames uit ten minste 100 inskrywings wat beeldskoon is moet kies! Ek vertrou daar is genoeg redaksie-lede om die inskrywings te verdeel tussen julle – of kyk julle nie na elke inskrywing se foto’s nie? Kan jul vir ons ‘n artikel skryf in een van jul uitgawes oor hoe julle beoordeel? Somtyds lyk die eerste foto mooi, maar dit is eintlik die vollengte foto wat nie in ‘n ateljee geneem is nie, wat meer wys van die meisie – die ateljee-foto’s kan bedrieglik wees. Kyk Sarie na al die foto’s – ek is seker julle ‘print’ nie almal nie! Beoordeel julle soos die inskrywings inkom, of wag jul totdat almal in is voordat jul begin beoordeel en gaan jul weer terug na die ouer inskrywings? Ek is regtig nuuskierig hieroor, want hierdie taak lyk vir my onmoontlik!

  • Ansophe

    Sarie, hoe is dit dan nou dat daar nog inskrywings ingekom het na middernag van 23 Mei???? Word hierdie meisies toegelaat om deel te neem, al het die kompetisie reeds gesluit? Ons vra maar net.

  • Ansophe

    Ek sien nou die sluitingsdatum het verander na 25 Mei. Wat was die rede vir jul besluit? Is daar iemand wat jul wou ingeskryf gehad het, wat nog nie ingeskryf het nie? Kan jul asb. kommentaar lewer en ons vrae beantwoord? Dis nie asof daar nie reeds 35 beeldskone/ geskikte kandidate is nie!

  • Michelle Jackson

    Ek probeer my vriendin inskryf vir die afgelope 3 dae, en vir een of ander rede se die aanlyn inskrywing heeltyd vir my die telefoon nommers is nie daar nie, asb help! Vandag is die laaste dag! Sy is beslis ‘n wen kandidaat!

  • Vanessa

    Hoekom is die inskrywingsdatum verander? Wie moes inskryf wat nie ingeskryf het nie? Word jong deelnemers wat nog nie 18 is nie, gediskwalifiseer? Miskien moet daar twee ouderdomsgroepe wees: vir jonges en vir ouer vroue.

  • Vanessa

    Hoekom is die inskrywingsdatum verander na 25 Mei? Wie moes nog inskryf? Mooier vroue? Daar is ongelooflike mooi vroue wat ingeskryf het. Hoekom die reels buig? Wees regverdig en verdeel die deelnemers in twee ouderdomsgroepe om sodoende ‘n geleentheid aan ouer dames te gee. Baie van die deelnemers het nie gelees waarop die klem val in hierdie kompetisie nie. ‘n Mooi glimlag, oe wat spreek. Sommige glimlag glad nie op hul foto’s nie. Ander deelnemers is te jonk. 17 jaar. Gaan hulle gediskwalifiseer word? Die ouderdomsbeperking is 18.

  • Nadené

    Hallooo……

    Kan iemand my sé of my inskrywing deurgekom het???? probeer al vir 4 dae????
    Dankie Sarie!!!!!

  • Hannah

    Ai jai jai!!! Kyk, ek weet nou nie wat julle as ‘n ‘ouer dame’ beskou nie, Nikki dink blykbaar dis 30??!!! (#groot oopmond gesiggie emoticon) Werklik? Ek is 40 en ek sal enige tyd ‘n 18-jarige se gat skop. My ma is 57 en sy sal OOK!! Ouderdom het NIKS te doen met hierdie kompetisie nie, gaan lees mooi wat die ‘tag line’ se wat jy nodig het om te wen: "’n vonkel in die oog, en ’n glimlag wat harte verower… Oop, vriendelik warm…"

    Nou wat nou dames, verloor jy vonkel, jou glimlag, jou vriendelikheid en jou warmte op die aand van jou 29ste verjaarsdag ‘n minuut na middernag? En ek kry ook die idee dat hierdie ‘n VOORBLAD kompetisie is en nie ‘n Mej. Persoonlikheid nie? Hulle se ook niks van vet of maer of lank of kort of selfs lelik of mooi nie. En ek kan nie GLO daar is lesers/kommentators wat aanbied om te help met die beoordeling nie? Werklik??!! Hoe arrogant kan ‘n mens wees? Ek is seker Sarie is bekwaam en ingelig genoeg om top professionele kundiges uit die industrie te kry om hulle te ‘help’ om ‘n wenner kies.

    En wat daarvan as modelle, kaal of te not, deelneem? Dis totale diskriminasie en teen die etos van ons land waarin almal veronderstel is om beskerm te word teen enige diskriminasie. En ‘so what’ as Sarie hulle eie diskresie gebruik en die sluitingsdatum verander? En terloops, as jy dink die voorbladgesigte op ENIGE tydskrif is nie ge’photoshop’ nie is jy naief verby. Waarom kan ‘n inskrywing nie ‘mooi’ gemaak word nie? Sy gaan in elk geval met ‘n ‘airbrush’ aangeval word vir ‘n stunning voorblad as sy wen – dis maar hoe dit werk in die industrie en dit inspireer ander vroue om te aspireer na ‘n beter self.

    Ag nee komaan dames, julle klink na klomp suur anties wat bitsig sit en brei. Se agter my aan: VONKEL IN DIE OOG. GLIMLAG WAT HARTE VEROWER!!

    Sela.

  • Karin

    Hannah – ek LOVE jou kommentaar!!!

  • Christine

    Hanna, 10 uit 10 vir jou!!!!!

  • Vanessa

    Twanette en Ansophe se dat inskrywings gediskwalifiseerr moet word waar vroue twee keer ingeskryf het. En as dit rekenaar gremlins is wat dit veroorsaak het? As mens aanmekaar gesukkel het om in te skryf, en al die velde ingevul het, en oor en oor die vorm voltooi het, en amper die rekenaar by die venster uitgegooi het? En uiteindelik word die aansoek aanvaar? Maar dan is daar twee. Hoe nou gemaak? Moenie twak praat nie. Julle het nie ‘n idee hoe tegnologie werk nie!!

  • Nadené

    Ek stem….Beauty comes within…..VONKEL IN DIE OOG….. Ja want, "Your EYES are the doorway to your soul!!!!!

    almal is pragtig op jou manier….oud of jonk, Sien tog maar die son oor iemand anders se kop skyn….Sterkte aan almal wat deelneem….

  • Christopher

    Ek dink op die stadium mors julle almal julle tyd………. beteken party mense het baie tyd op hulle hande….. As jy dink jy is pragtig genoeg, kontak my 076 770 4572

  • Mariska

    Jinne dames, asb hou op met die ouderdom ding, al was dit in 2 gedeel sou steeds net een wen. Maak nie saak of jy 18 of 80 is nie. As Sarie of ander mense of wie ookal dink jy is mooi dan is jy mooi. Daar is mooi ouer dames en mooi jonger dames. Waaroor gaan die geveg nou eindelik? Daar is ook 20 jariges soos ek wat getrou die Sarie koop want die lekker inspirerende afrikaanse lees stof. Hoekom mag n 20 jarige nie ook Sarie lees nie? Ek het ingeskryf, ekt geen vorige kwalifikasies in model nie. Ek was nog nooi op n voorblad nie, Sarie het my die kans gegee om in te skryf. Nou hoekom mag ek nie daardie geleentheid aangryp nie? Oor ek nie 30 of ouer is nie? Al die kommentaar oor ons jonger generasie is nie baie lekker om te sien nie. Ons het net so regverdige kans soos ouer dames. Dit gaan oor jou oë en mooi geaardheid en lewenslus. Hier is ook darm n paar dames wat dink die een met die meeste "Cleavage" gaan wen. Hoekom moet jy fotos van jou in jou onderklere opsit, of selfs SONDER onderklere, net om mooi te voel? Julle trek die verkeerde aandag meisies. Maar as julle daai tipe aandag soek stuur jou foto vir n ander tydskrif dan publiseer hulle dit vir jou met graagte. Sterkte aan elke mooi dame wat ingeskryf het, van 18-100 jaar oud! Ouer dames en jonger dames is ewe mooi in Jesus se oë!

  • Angelique Duxbury

    Ek lees so van almal wat praat van ouderdomme…..vat ‘n kans…..my droom was altyd modelwerk en fotos neem en vir kompetisies inskryf. En elke keer was my ouderdom inie pad……ek glo jy’s nooit te oud vir niks!! As jy vrou is……dan behoort jy positief te dink? Ek moes altyd kompeteer saam die jongetjies wat nog mooi velle het en geen sproete op die rug? En het mar op gegee. Toe se ek net……Sarie…..vir elke vrou!! Ek kom met ‘n slag!! Haha! Sterkte vir almal! Dis al klaar ‘n eer om net jouself as beoordelaar te sien!

  • Barry

    Ai toggie, Hierdie mense wat beoordeel is absoluut professioneel, Ja hulle soek die oe wat praat en n mooi glimlag, ek was egter met modelaggentskappe betrokke en nee niemand wat nie glimlag op hul foto hoef gediskwalifiseer te word nie, want, n beoordelaar kan na n gesig kyk, glimlag of nie en weet of hulle met dit kan werk vir n voorblad. Hetsy dit n 18 jarige of n 40 jarige is die paneel weet presies waarna hulle soek, Die fotos hoef nie professioneel te wees nie en niemand hoef te glimlag nie. n Beoordelaar kan presies sien wat hulle na soek. Ek dink persoonlik egter nogsteeds dat 2 ouderdomsgroepe n goeie idee sou wees. Sarie trek defnitief eerder n meer volwasse leser as die onder 25 groep, en heelwat neem deel om te wen nie omdat hulle dalk Sarie lees nie. Egter, maak dit nie saak wat ons kommentaar is nie. Hierdie is n professionele kompetisie, daar was nie reels dat modelle nie mag inskryf nie, so as dit is wat hulle soek dan is dit Sarie se voorreg om dit so te doen. Ek glo Sarie neem ook die negatiewe kommentaar in aanmerking, maar meer as alles weet ek die wenner gaan finominaal wees, want die inskrywings is finominaal