sr1106webblad_tif
Hieroor praat mense

Is jy verslaaf aan Facebook?

Dis 1 uit 12 mense. Sowat 200 miljoen van dié gebruikers kry toegang daartoe deur hul slimfone. Trouens, as Facebook ’n land was, sou dit die derde grootste bevolking in die wêreld (iewers tussen Indië en Amerika) gehad het.

Volgens Sebastian Stent, ’n sosialemedia- strateeg van Touchlab, ’n afdeling van Media24 Tydskrifte wat verantwoordelik is vir applikasieontwikkeling, is 71% van Suid- Afrika se aanlyn-bevolking lede van Facebook. Wêreldwyd het die FB-bevolking die afgelope jaar met sowat 56,7% gegroei, vertel hy.

Die gemiddelde FB-gebruiker bestee ’n hele dag per week daaraan as jy al die ure bymekaartel. In Brittanje beloop FB-verkeer die helfte van alle internet-verkeer, en in Amerika omtrent ’n derde daarvan.

  • Sunelle

    Ok LOL dan is ek deel vanm daai bevolking!~