the_tempest_prognosticator_south_african_cover2
Hieroor praat mense

Isobel Dixon: “Graaff-Reinet, die juweel van die Karoo”

“Ek is gebore op Umtata in die Transkei, maar weens my pa se asma het ons toe ek drie was na ’n droër klimaat getrek, Graaff-Reinet toe.

“Ek ag myself gelukkig om in die Juweel van die Karoo, soos Graaff-Reinet bekend staan, te kon
grootword. Dit het ’n merkwaardige geskiedenis en asemrowende natuurskoon. ’n Klein dorp met ’n groot hart.

“In my nuutste digbundel, The Tempest Prognosticator (Umuzi), is ’n gedig met die naam “Every Valley Shall Be Exalted”. Ek het gedink daardie frase uit Händel se Messias is ’n beskrywing van die
Vallei van Verlatenheid.

“Maar verlatenheid is wat ek voel as ek dink aan hidrobreking. Ons kan nie met dié unieke omgewing en sy skaars waterbronne mors nie. Ons moet maniere soek om hernubare energiebronne in te span om die kosbare land vir sy toekomstige kinders te bewaar.”