FOTO Twitter / NASA

FOTO Twitter / NASA

Hieroor praat mense

IRS-tuig al 100 000 keer rondom aarde

’n Geskiedkundige oomblik: Die Internasionale Ruimtestasie (IRS), ’n ruimtetuig waarin ruimtevaarders woon en werk, het gisteraand vir die 100 000 ste keer om die aarde gewentel!

In 1998, 17 jaar gelede, is die eerste module van dié tuig, die Zarya, deur Rusland gelanseer. Die IRS bestaan uit verskillende modules wat aanmekaar gekoppel word.

NASA het die groot oomblik op sosiale media gedeel.

Die ruimtestasie is deur 16 lande gebou, naamlik die Verenigde State van Amerika, Kanada, Japan, Rusland, Brasilië, België, Denemarke, Frankryk, Duitsland, Italië, Nederland, Noorweë, Spanje, Swede, Switserland en Brittanje.

Die tuig beweeg 90 minute rondom die aarde. En elke 45 minute word die IRS se inwoners met ’n sonsondergang bederf! Sedert 2000 het die ruimtestasie elke dag bemanningslede aan boord.

Kyk net dié ongelooflike video oor die IRS

Bronne: NASA, CNN

Jy kan die IRS met jou eie oë sien

Jan Alleman op planeet aarde kan ook die IRS aanskou. Besoek NASA se webwerf. En jy kan kyk wanneer dit oor jou stad beweeg, maar ongelukkig het NASA net ’n paar Suid-Afrikaanse dorpe en stede as opsies.

Hier’s die datums:

Kaapstad – 19 Mei om 19:12, sigbaar vir 2 minute

Durban – 20 Mei om 18:22, sigbaar vir 2 minute

Johannesburg – 21 Mei om 19:05, sigbaar vir 1 minuut

Pretoria – 21 Mei om 19:05, sigbaar vir 1 minuut