FOTO Twitter

FOTO Twitter

Hieroor praat mense

Italiaanse aardbewing: Hond gered ná 9 dae

Vir 9 dae lank was die golden retriever Romeo onder die puin vasgevang, sonder kos of water, in die klein dorpie San Lorenzo a Flaviano in Italië. Sy eienaars se huis is verwoes in die aardbewing van sowat twee weke gelede. 

Romeo het op die grondvloer van die gebou geslaap en sy eienaars op die eerste vloer toe die aardbewing die gebied tref. Sy mense kon ontsnap, maar Romeo was vasgevang. Hulle het hom tevergeefs gesoek, maar hulle kon niks hoor nie en het met swaar harte gevlug.

’n Week later het sy eienaars en brandweermanne teruggekeer om te kyk of hulle enige besittings kan red. Toe Romeo hul stemme hoor, het hy begin blaf.

Ná ’n paar uur is hond se kind gered en kon hy ongedeerd aan sy eerste bak water in 9 dae drink.

FOTO Twitter

FOTO Twitter

Die dodetal is tans 294. En niemand is lewend uit die rommel gehaal sedert 24 Augustus nie.

Kyk die ongelooflike video hier:

Bronne: Daily Mail, ABC

Eet pasta en maak ’n verskil

600 sjefs van oor die wêreld, onder andere Jamie OIiver, wil nou ’n verskil maak, berig Fortune. Amatrice is bekend vir die pastagereg all’amatriciana, met ’n sous van varkwang en tamatiesous. As deel van ’n veldtog sal sjefs dié gereg op hul spyskaarte sit en €2 (sowat R32) van elke bestelling aan die Rooi Kruis skenk.

Op eie bodem is dit presies wat Fortunato Mazzone, eienaar van die restaurant Ritrovo in Pretoria, gaan doen. Hy het al ’n paar keer die streek besoek en sy hart gaan uit na die mense.

“Ons wil graag die wonderlike voorbeeld volg en ons deel doen,” sê Fortunato. By Ritrovo sal hulle vir die volgende twee weke dié gereg voorsit en vir elke bord wat verkoop word, sal hulle R50 skenk aan die Italiaanse Rooi Kruis. ’n Tjek vir die finale bedrag sal oorhandig word aan die Italiaanse ambassadeur, Pietro Giovanni Donnici.

Lees nou

5 truuks om petrol te spaar!

Kyk die koninklike #selfie!