FOTO Instagram/ @ivankatrump

FOTO Instagram/ @ivankatrump

Hieroor praat mense

Ivanka Trump en Chelsea Clinton kwaaivriende?

Gepraat van ’n tameletjie! Voorheen beste vriende, en nou is hul ouers verbete teenstanders in die bitter stryd om die Withuis. Moet Chelsea Clinton, Hillary Clinton se enigste dogter, en Ivanka Trump, oudste dogter van Donald Trump, nou “kwaaivriende” wees?

Hulle sê albei: “Glad nie.” In ’n onlangse onderhoud met Extra het Chelsea vertel sy en Ivanka is steeds vriende.

“Ons was vriende voor die verkiesing, ons sal ná die verkiesing vriende wees.”

En Ivanka het self in ’n onderhoud op Fox News se On the Record erken dat hulle steeds vriendinne is, maar verkies om nie oor politiek te praat nie.

“Ons staan nie vir president nie. Ons is die kinders. En ons is steeds vriende.”

En wat dink Chelsea gaan pa Clinton genoem word as hy die “ander rol” in die Withuis gaan vertolk?

First Laddy. Of First Gentleman – dit klink aangenaam.”

Ivanka en Chelsea het albei vanjaar nóg ’n baba verwelkom. Ivanka het drie kinders en Chelsea het twee.

What a joy being with our new grandson, Aidan. So grateful. -H

A photo posted by Hillary Clinton (@hillaryclinton) on

 

After-work snuggles are the best. #QualityTime

A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Lees nou

Trump se kinders steel kollig

Hillary Clinton vs Donald Trump: Sê-goed