FOTO Unsplash / Soroush Karimi

FOTO Unsplash / Soroush Karimi

Hieroor praat mense

Ja, daar is 5 nuwe sportsoorte vir die volgende Olimpiese Spele

Jy lê op die strand en sien die cool ouens surf. Agter in die parkeerarea ry iemand op haar skaatsplank. En op die berg is ’n paartjie besig om die piek teen topspoed te bereik.

Kyk mooi, want dís dalk die volgende Olimpiese helde.

Ja, vir die Tokio-spele in 2020 is daar 5 nuwe sportsoorte: branderplankry, skaatsplankry, sport-rotsklim (sport climbing), karate en bofbal (mans) en sagtebal (vroue).

En die 26-jarige Jean-Marc Johannes van Athlone, een van SA se top-skaatsplankryers, oefen nou vir die Olimpiese Spele.

Nadat hy via sosiale media opgespoor is, is hy die eerste Suid-Afrikaner wat genooi is om aan die gesogte Fise-wêreldtoernooi deel te neem.

Kyk na die video-onderhoud wat eNCA met hom gedoen het hier:

Hoewel die volgende Spele nog vier jaar weg is, sien ons reeds uit na die nuwe sportsoorte. Kyk byvoorbeeld hier na die vinnigste vroulike rotsklimmer in Iran!

En as jy wonder hoe die karate gaan werk, hier is ’n voorskou:

Dié 5 sportsoorte gaan vir 474 nuwe atlete die kans gee om die top-punt van hul sportloopbaan te bereik.

Lees nou

Hoe’t jy gevoel toe … jy Olimpiese Spele toe gaan ná ’n lang siekte?

‘Ek is sterker vandat ek ’n ma is’  sê Olimpiese atleet Irvette van Zyl

Sunette Viljoen: “Ek het baklei vir my medalje”