stort

FOTO Unsplash / Jay Cee

Hieroor praat mense

Dís hoe jy moet stort om wakker te word!

Gedink om soggens te stort help om jou op en wakker te maak vir die dag? Ja, mits jy dit op die regte manier doen. Want as jy stort om wakker te word, is daar ’n belangrike truuk waarvan jy moet weet …

Career Girl Daily beskryf dit as die 90-sekondes-stortwenk. Het jy al ná ’n warm stortbad gevoel jy wil terugklim in die bed? Of jy gaan sit om jou hare te kam en skrik eers 10 minute later wakker?

Dis glo omdat die koeler lug op jou vel sodra jy uit die stort klim, jou liggaam na ’n laer rat laat oorskakel. Career Girl Daily berig dokters beveel juis ’n warm stort of bad aan reg voor jy gaan slaap omdat dit jou gedagtes uitdoof en jou rustiger maak.

Hoe moet jy dus stort as deel van ’n oggendroetine wat jou op en wakker laat voel? Nadat jy gewoonweg gewas en geskrop het, draai die kraan op sy koudste vir 30 sekondes, dan warm vir 30 sekondes en laastens weer koud vir 30 sekondes.

Hierdie 90-sekondes-oefening maak die netwerk van haarfyn bloedvaatjies in jou liggaam oop, wat bloedsirkulasie verbeter en jou liggaam stimuleer. Dis dus hidroterapie in sy mees basiese vorm.

Maar dis nie die enigste voordele nie. Career Girl Daily berig dit kan ook help teen stres, jou immuniteit versterk deurdat meer witbloedselle gevorm word, en selfs depressie verlig.

Probeer dit en laat weet ons of jy die verskil agterkom! Al is dit nie jy wat wawyd wakker uit die stort klim nie, maar jou gesin wat wakker skrik van jou geskree van die koue water.

Lees nou

Marciel: Moenie jou vlees jou vyand maak nie!

#9tot5: Staan uit in die besigste werksoek-maand!

Selfoon-skoonmaaktyd! Vee hierdie apps uit