FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Jeugdag: Kinders gee hoop!

Vandag is Jeugdag! En dis ook 40 jaar ná die Soweto-opstand op 16 Junie 1976. Selfs in die donkerste tye weet kinders soms net hóé om die wêreld ’n beter plek te maak!

Ons deel hierdie pragtige stories:

Boeta Basson

’n Klein mensie met te groot sandale wat strate vee. Daardie foto het die hart van die Helderberg-gemeenskap in die Kaap gesteel en was die begin van n Facebook-groep, Boeta’s Buddies, wat die lewe van die 9-jarige Clarence “Boeta” Basson van die dorpie Sir Lowry’s Pass so n bietjie beter probeer maak.

Boeta se ouma, Johanna Benjamin, het gister op Cape Talk vir Kieno Kammies gesê dít is Boeta se aard: hy wil ander help, dinge skoon en netjies hou. Hy is ook betrokke by sy skool se herwinningsprojek.

Alles goed, glo sy, wat hy by sy oorlede oupa geleer het. Boeta se storie is al 5 200 keer op Facebook ge-share, met meer as 4 000 likes. Intussen het sy “buddies” al gesorg dat hy onder meer nuwe skoene, klere en n fiets kry. Oor wat hy eendag wil word, het sy ouma gesê: “Dalk n motorwerktuigkundige. Hy hou daarvan om dinge reg te maak”. Wat n goedvoelstorie, juis in Kinderbeskermingsweek wat die kollig plaas op SA kinders en hul kwessies.

15-jarige entrepreneur se 2de besigheid

Op 12 het Sébastian Dubois al sy eerste onderneming, Bas se spens, begin. En nou, op 15, beplan die jong entrepreneur sy tweede.

Lees die volledige storie hier.

FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

9-jarige troufotograaf

Sy is net 9 jaar oud, maar Regina Wyllie van Skotland se troufoto’s trek reeds aandag, berig Mashable. Haar pa, Kevin, is ook ’n troufotograaf en hy neem haar glo saam met hom na sy kliënte se troues toe. Lees die volledige storie hier.

Kyk net haar foto’s:

#bride & #grooms #son & #daughter

A photo posted by Regina Wyllie (@photosbytheg) on

#bride getting ready for #wedding

A photo posted by Regina Wyllie (@photosbytheg) on

Janna Jihad Ayyad

Op die ouderdom van 10 is Janna haar land, Palestina, se jongste joernalis. Sy vertel stories met haar ma se selfoon. Lees haar ongelooflike storie op Al Jazeera.

FOTO: Facebook / Janna Jihad

FOTO Facebook / Janna Jihad

Of kyk haar storie hier:

Lees nou

FOTO’S: So lyk Afrika uit die ruimte!

Gorilla geskiet – reg of verkeerd?