FOTO Unsplash (Oliur Rahman)

FOTO Unsplash (Oliur Rahman)

Hieroor praat mense

Joburg, julle is eerste met Uber se Eats!

Uber laai nou jou gunsteling-restaurant se kos by jou deur af! En Johannesburg, julle kry hierdie diens eerste.

Times Live berig dat Johannesburg die eerste Afrika-stad sal wees waar jy die app UberEats kan gebruik. UberEats is verlede jaar in Kanada begin en sedertdien is dit al in 22 stede die wêreld oor beskikbaar. Jou gunsteling-restaurante en -bistro’s soos Knead Bakery, Primi Piatti, The Wolfpack, Café Del Sol Botanico, Paul’s Homemade Ice Cream, Momo Baohaus en nog meer se kos kan nou by jou deur afgelewer word!

ubereats uber

 

Om UberEats te gebruik moet jy ’n aparte app op jou selfoon laai. Jy gebruik dieselfde besonderhede (e-pos en wagwoord) as wat jy gebruik om by Uber in te gaan. Nes Uber, sal jy jou bestelling kan dophou soos die bestuurder na jou toe ry.

 

uber

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Daar is meer as 85 plaaslike restaurante op hierdie app, asook planne om kitskos-restaurante op te laai, berig Times Live. Daar is ’n vaste afleweringsfooi van R20.

Lees nou

Dié apps lewer vir jou enigiets af!

Hierdie apps kan jou help met jou werk!

Winter-apps vir lui mense!