FOTO Instagram / @barackobama

FOTO Instagram / @barackobama

Hieroor praat mense

Jong Barack en Michelle op silwerdoek

Jare gelede, lank voor hulle in die Wit Huis gewoon het, het Barack Obama vir Michelle oorreed om op ’n eerste afspraak te gaan. Dit was in 1989 en sy wou aanvanklik van niks weet nie. Nou is dié afspraak, wat so ’n groot uitwerking op sy lewe gehad het, op die silwerdoek te sien.

Southside with You gaan oor die Obamas se eerste afspraak. As jong prokureur het Barack by dieselfde firma as Michelle gewerk. Sy was een van sy adviseurs en hy was van die eerste oomblik af smoorverlief. Maar sy wou van niks weet nie. Stadig maar seker het hy haar oortuig om op ’n eerste afspraak te gaan. Met onderwerpe wat strek van politiek tot rolprente, het die paartjie se afspraak met ’n eerste soen geëindig. Ná 23 jaar is Barack en Michelle steeds getroud.

FOTO: Instagram/@barackobama

FOTO: Instagram/@barackobama

FOTO: Instagram / @whitehouse

FOTO: Instagram / @whitehouse

Die rolprent kry reeds goeie resensies en daar is lof vir die spel van akteurs Parker Sawyers (Barack) en Tika Sumpter (Michelle).

Kyk die lokprent hier

Die egpaar het nog nie self dié rolprent gesien nie. En die president is eintlik heel verbaas dat iemand hul afspraak in ’n fliek wou omskep het, berig The Washington Post.

Om ’n president en sy vrou op die silwerdoek te sien is niks nuuts nie. Talle rolprente in Hollywood beeld elemente van sulke liefdesverhoudings uit.

In 2013 is die verhouding tussen wyle president Nelson Mandela en sy eksvrou Winnie Mandela uitgebeeld. In Mandela: Long Walk to Freedom het Idris Elba (Mandela) en Noami Harris (Winnie) dié paartjie gespeel.

Die komplekse huwelik van John F. Kennedy en Jackie Kennedy Onassis is in die 2011 mini-reeks The Kennedys uitgebeeld. Katie Holmes het in die ikoniese pienk Chanel-pakkie nes Jackie gelyk!

Kennedys Katie Holmes

Oscar-wenners Daniel Day Lewis en Sally Field het president Abraham Lincoln en sy vrou, Mary Todd Lincoln, gespeel in Lincoln. Daniel se vertolking het verseker dat hy in 2013 die Oscar vir beste akteur gewen het.

Elizabeth Banks het in 2008 George W. Bush se vrou, Laura, gespeel in die rolprent W. Sy het teenoor die akteur Josh Brolin gespeel.

Michelle en Barack het twee dogters, Malia en Sasha. Hul oudste dogter, Malia, gaan in 2017 by Harvard-universiteit studeer ná sy ’n gap-jaar gevat het.

Lees nou

Verwaarloosde leeus vind vrede in SA

Suid-Afrikaanse regisseur vir Tony benoem

Seun van Pretoria oorsee vereer