fireshot_capture_101_manne_se_raad_aan_joost_i_sarie_www_sarie_com_lees_artikels_manne_se_raad_aan_joost
Hieroor praat mense

Joost se siekte: Lees meer daaroor

MNS is ’n ernstige groep afwykings wat jou brein en rugmurg aantas. Dit vernietig motorneurone, die senuweeselle wat die spiere beheer noodsaaklik vir loop, praat, asemhaling en sluk. Stephen Hawking, die briljante Britse fisikus, ly ook daaraan.

Hoe beïnvloed dit jou lyf?

Boodskappe van senuweeselle in die brein (bekend as boonste motorneurone), word gestuur na die rugmurg (onderste motorneurone). En daarvandaan na spesifieke spiere om bewegings uit te voer (soos om te loop en te sluk). Die onderste motorneurone beheer beweging in jou arms, bene, bors, gesig, keel en tong.

MNS ontwrig die seine van die motorneurone na die spiere. Dit kan jou spiere geleidelik laat verswak en wegteer en onbeheerbaar laat ruk. Wanneer die boonste motorneurone betrokke is, kan jou ledemate styf en spasties raak. En ooraktiewe sening-reflekse veroorsaak, wat jou knieë en enkels laat ruk. Jy kan uiteindelik die vermoë verloor om willekeurig te beweeg, asem te haal, te praat en te sluk.

Algemene vorme van MNS sluit in amiotrofiese laterale sklerose (ALS), progressiewe spieratrofie en progressiewe bulbêre verlamming.

Kan dit behandel word?

Daar is geen kuur of standaard-behandeling nie. Behandeling is simptomaties en ondersteunend om pasiënte se lewensgehalte te verbeter. Só kan spierverslappers vir spastisiteit en nie-steroïede anti-inflammatoriese middels vir pyn gebruik word. Sommige pasiënte het sterker medikasie soos morfien nodig as die toestand in ’n gevorderde stadium is.

Wat is die prognose?

Dit kan dodelik wees. Daar kan ’n “plato”-fase wees waartydens die toestand vir ’n rukkie stabiliseer, maar die aftakeling sal uiteindelik voortgaan. Jou lewensverwagting kan tussen 1 tot 5 jaar wees (soms langer), afhangende van onder meer die spesifieke spiere wat aangetas is, volgens die nasionale instituut vir neurologiese afwykings en beroerte.

Wie kry dit?

Dit kan by kinders en grootmense voorkom en is meer algemeen by mans. By volwassenes verskyn die simptome dikwels eers na 40. By kinders, veral as dit oorgeërf is, kan daar reeds simptome by geboorte wees of binne hul eerste jaar verskyn.

Wat veroorsaak dit?

Dit kan in families “loop”, maar dis raar. Andersins is dit nie bekend wat dit veroorsaak nie. Gifstowwe in die omgewing, trauma, ’n virus en genetiese faktore kan dalk ‘n rol speel.

Bron: www.health24.com

*Kontak: Die nasionale instituut vir neurologiese afwykings en beroerte: 021 5316130; mndaofsa@global.co.za; www.mnda.org

  • Elma

    Ja ‘n mens is net nooit te goed of te mooi of te ryk nie. As God iets op jou pad sit maak dit nie saak wie en wat jy is nie. Daarom moet ons maar met almal om ons in vrede leef en baie liefde uitdeel. Sterkte aan hom en sy familie.

  • ronel visser

    ek wil net vir joost se dat die GOD wat ek aanbid doen groot wond.erwerke en dat hy reeds al 2000jaar terug gesterf het vir die siekte waarmee joost gediagnoseer is.sterkte en ek bid vir jou ronel visser graaff-reinet

  • Benita

    Dit is tragies. Wat kan ‘n mens meer sê. Sterkte aan al die families.

  • SUSAN

    DIT IS SOOOO HARTSEER, NA ALLES WAT HY NOU DEUR IS. EK DINK AAN SY FAMILIE AN ALMAL WAT NABY HOM IS. STERKTE!!! ONS VERSTAAN NOOIT DIE DINGE NIE, MAAR EENDAG SAL ONS AL DIE ANTWOORDE HE.

  • Louise van Jaarsveld

    Baie sterkte Joost, ons bid vir jou.

  • Ruth Campbell

    Ons bid vir Joost en glo en vertrou dat by God niks onmoontlik is nie Hy kan die siekte genees.

  • Gerda

    Ek is baie jammer om van Joost se siekte te hoor en wens hom alle sterkte toe. Daar is sekerlik uitsonderings wat pasiënte se lewensverwagting betref; Stephen Hawking lewe al baie jare daarmee saam en het baanbrekerswerk in hierdie tyd verrig. Ek glo Joost is in die beste hande, dat hy omring is met mense wat opreg vir hom omgee en wat hom in hierdie moeilike tyd kan help dra aan die swaar las. Mag hy liefde en vrede ondervind, mag hy die lieflikheid van die lewe en sy kinders koester, elke dag.

  • Rina van der Waal

    Ongeag wat Joost in sy persoonlike lewe gedoen het is ek bitter jammer vir hom. Hy het sy sondes voor God belei en vergifnis gevind. Nie een van ons kan hom oordeel nie. Die oordeel kom ons nie toe nie. Ek is ook jammer vir sy kinders en Amor. Ek glo vir geen oomblik dat Joost en Amor nie meer lief is vir mekaar nie.
    Hulle hou nie meer van mekaar nie omdat daar baie lelike dinge tussen hulle gesê is, maar liefde vergaan nooit. Hulle het twee pragtige kinders wat ‘n vader en moeder nodig het.

    Rina van der Waal

  • Coetzer gesin

    Sterkte joost ..kyk na Bo Hy sal by jou staan…amore dink aan jul staan by hom jul het kinders wat ook deur dit gaan…sterkte …coetzer gesin ..deelkraal…

  • Amanda Meadon

    Dit is baie hartseer dat dit gebeur het, en ek wens hom alle sterkte toe.

  • leonie

    Amor, staan by hom. Dis al wat jy moet doen. Vergewe hom. Hy het nie geweet wat hy aan jou doen nie. Staan net by hom AsB!!! Die lewe is te kort v verwyte.

  • Annette Deyzel

    Ek is so jammer vir Joost en ongeag wat hy gedoen het sal hy altyd n rugbyheld bly. Sy kennis van die spel sal nie maklik deur iemand anders vervang kan word nie.
    Ek is self n ma van twee seuns en weet maar net te goed hoe verleidelik die vrouens daar buite kan wees. Soms skaam ek my vir my eie geslag! Mev. van der Westhuizen ek weet hoe seer jou hart vanaand is. Jy het n pragtige seun groot gemaak en n held vir baie Suid_afrikaners.

    Ek bid saam met jou op Joost se spoedige herstel. Laat die wat sonder sonde is die eerste klip gooi!
    Moed hou Joost! By Ons Hemelse Vader is alles moontlik en onthou jy het nog baie aanhangers in Suid-Afrika waarvan ek een is al is ek al agt-en -setig jaar oud.

    Dankie vir die geleentheid om my meninf te lig.
    Groete.
    Annette Deyzel

  • Amanda Dowling

    Sterkte Joost. Ons bid en dink aan jou.

  • Nicolene Norval

    Joost jy bly ‘n wenner en sal altyd my hero wees, hou jou kop hoog en baklei teen die siekte wat jou liggaam wil oorneem moenie gaan le nie. Ek glo ons Hemelse Vader sal jou sterk hou in die tyd en onthou Hy het ‘n rede vir alles wat met ons gebeur. Ek dink aan jou en jou familie en jy sal altyd in ons gebede bly.

  • Elize Pretorius

    Sterkte Joost, jy is in ons gebede!

  • Mara du Plessis

    Aan: Joost en die Van der Westhuizenfamilie: Onthou asb dat die naaste pad Boontoe grond toe is. Sterkte aan almal asook aan Amor en die twee pragtige kinders. Ons almal in Suid Afrika bid vir julle

  • Joey Venter

    Vanoggend lees ek dat gifstowwe gekoppel word aan die oorsaak van outisme. Nou lees ek dat gifstowwe gekoppel kan word aan die oorsaak van MNS. Hoeveel gifstowwe gaan ons nog die lug instuur voordat ons besef wat dit aan ons gesondheid doen???

  • Rosa Phillips

    Joost, daar is altyd ‘n pad en ligvorentoe met God, en vergifnis vir die verlede deur Jesus se versoeningsdood. En dan hoef ons nie meer getreiter te word of ‘n mislukking te voel nie! Glo, vertrou, vra Hom wat Sy doel vir jou lewe is, en vertrou weer! Amor, staan by jou man, dis wat jy belowe het, julle sal dan ‘n wonderlike toekoms voretoe kan binne-gaan!

  • Gladys

    Baie sterkte aan Joost en sy ouers. Dis baie tragies en ek weet vir ‘n feit dat Jesus reeds vir Joost vergewe het vir wat hy in die verlede gedoen het. Wat in die verlede is, bly in die verlede! Al wat gevra word, is dat niemand vir Amore moet VERPLIG om na Joost terug te gaan nou dat hy siek is nie. Dit sal nie werk nie! Dit sal meer hartseer veroorsaak wat onnodig is. Joost moet nou net glo en vertrou en vra dat die Here hom deur dit sal dra.

  • MARI PITOUT

    DIS SO HARTSEER!

    EK HOOP JY VOEL GOU BETER JOOST

    GLO EN VERTROU, GOD SAL JOU GESOND MAAK!

    STERKTE JOOST & STERKTE OOK AAN AMORE.

  • Marelize van Tonder

    Genesing is daar vir ieder en elk van ons, wat op GOD vertrou daarvoor. Mag sy genesende hand oor jou wees, en jy volkome gesond ander kant uitkom. En dan getuig van hierdie genesing. God wil die beste vir sy kinders hê. Wees jy net sterk Joost, en glo en vertrou op wonderbaarlike genesing. Wonderwerke gebeur nog elke dag!!!!!!!! soveel kan getuig daarvan.

  • Tina

    Sterkte Joost

  • A.D. Smit

    Dis baie hartseer. Ons bid vir jou Joost en vertou dat jy sal genees!

  • Heidi Alexander

    Hello Joost

    Ek wil net vir jou se ons almal dink aan jou. Almal se boodskappe is pragtig en ek is bly om te hoor dat jy voel die Here het jou die tyd gegee om jou lewe reg te kry. Vat elke dag, asof dit jou laaste is, en vermag wat jy kan vir jou kinders, los by hulle die belangrikste gedagte, dat maak nie saak wat gebeur in die lewe nie, die Here regeer, en eendag wanneer HY ons kom haal, is daar geen meer van hierdie dinge nie. Het hulle hulle besluit vir HOM gemaak vir daai dag? Ons bid vir jou.

    Groete
    Heidi en Familie

  • Sonja

    Wie gee mense die reg om te oordeel?? Sterkte Joost!! Ons bid vir jou!

  • C.D.B.

    Sterkte aan Joost sowel as Amor.Bid vir julle en die kinders.Hou aan om julle koppe hog te hou.Niemand is sonder foute nie.

  • JOEY

    JY IS IN ONS GEBEDE STERKTE HOU JOU OE NET GOD DAAR IS NIS ONTMOONTLIK NIE .STERKTE

  • shaheeda

    hi die Here gee ons nooit n probleem wat ons nie kan hanteer nie vie elke probleem is daar n oplossing moenie die God van die onmoontlike in jul stryd vergeet nie.Hy kom vir jou deur as jy dit nie verwag nie sterkte vertrou op Hom.

  • Tania Le Roux

    Ek het ‘n geliefde wat op die oomblik daardeur gaan en hy het net 2 weke tot 2 maande oor om te lewe…My alle simpatie met julle wat deur die hel gaan….xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx ek gaan jou baie mis

  • Clem de Klerk

    Sterkte Joost – geniet elke dag saam met jou geliefdes – ons bid vir jou.

  • Ronel Badenhorst

    Sterkte ons BID vir jou Joost. Daar is niks onmoontlik by ons GOD nie, GLO en VERTROU en jy sal die vrugte pluk. Ronel Pretoria oos

  • Shirley Mulder

    My naam is Shirley ek was 32jr en swanger toe my man Paul 34 jr mns kry my baba was 3 weke toe hy gesterf het presies 9 maande siek gewees nie n maklike pad nie maar weet dat God is in beheer.Vandag is my kind 34 jr en gesond..Maar alle gevalle is nie dieselfde nie. Sterkte Joos Shirley