fliek
Hieroor praat mense

Jou fliekgids vir die week: 27 Mei – 3 Junie

Betaaldag het dié week vir baie van ons die lewe kom ophelder. As jy nie hierdie naweek gaan fliek nie, is die kanse skraal dat jy dit later in die maand gaan doen . . .

Elke Vrydag gee ons vir jou die lys van rolprente wat nuut begin draai, ons lig die Suid-Afrikaanse flieks vir jou uit en dié waaroor ons steeds opgewonde is.

Die volgende flieks het dié week in teaters begin draai

Alice Through the Looking Glass

Alice gaan terug na Wonderland, maar dié keer deur ’n spieël. As jy Alice in Wonderland-fliek in 2010 gekyk het, sal jy die wonderlike en kleurryke karakters onthou. Mia Wasikowska, Johnny Depp, Helena Bonham Carter, Anne Hathaway, Sacha Baron Cohen en nog ander vertel die storie van Alice wat vir Hatter Tarrant Hightopp (Johnny Depp) wil help.

Alice Through the Looking Glass is ook in 3D en 3D by IMAX te sien.

Johnny Depp en Amber Heard skei

Bastille Day

Idris Elba, wat die rol van Nelson Mandela vertolk het in Long Walk To Freedom, speel ’n voormalige CIA-agent wat saam met ’n swendelaar (gespeel deur Richard Madden) werk om terrorisme tot ’n einde te bring.

The Boss

Die ryk sakevrou Michelle Darnell, gespeel deur die immer snaakse Melissa McCarthy, word uitgevang met haar onderduimse transaksies. Ná sy uit die tronk vrygelaat is, spoor sy haar oud-assistent, gespeel deur Kristen Bell, wat probeer om haar te help. Op die ou einde help Michelle haar om ’n suksesvolle koekie-besigheid op die been te kry.

Suid-Afrikaanse flieks

Die volgende Suid-Afrikaanse rolprente is op die grootskerm te sien.

Suid-Afrika se jong talent

Happiness is a Four-letter Word

Happiness is a four letter word

 

Opgewonde oor

Die wêreld gons steeds oor dié rolprente. Maak seker jy mis nie hierdie flieks op die grootskerm nie; sommige wys net by sekere teaters.

The Man Who Knew Infinity

X-Men Apocolypse

fliek

Sing Street

Bad Neighbors 2

Captain America: Civil War

captain america fliekgids

Demolition

Ikoniese mode-items

The Jungle Book

fliek

Queen of the Desert

fliek

Miracles from Heaven

fliek

Irrational Man

Macbeth

Sterre met grade!

Spotlight

Spotlight poster

The Dressmaker

DressMaker poster

Koop jou kaartjies vir hierdie flieks by Ster-Kinekor, Cinema Nouveau of Nu Metro.

Lees ook

Ons Vrydaglysie: Die mooiste Cannes-daguitrustings wat jy gemis het!