captain america fliekgids
Hieroor praat mense

Jou fliekgids vir die week: 29 April – 6 Mei

Elke week gee ons vir jou die lys van rolprente wat vandag begin draai, watter flieks steeds te sien is en dié waaroor ons opgewonde is. Die lug raak al hoe kouer en die lus vir iets buite doen, al hoe minder. Jy kan dus jou naweekplanne net hier vind.

Die volgende flieks het hierdie week in teaters begin draai

Captain America: Civil War

Politici is gedwing om stappe te neem nadat ’n insident tussen Steve Rogers en die Avengers groot skade aan die sekuriteit van die land veroorsaak het. Die Avengers breek dus in 2 faksies: een gelei deur Steve Rogers (Chris Evans) wat teen die regering rebelleer, en die ander faksie wat die nuwe orde ondersteun, wat deur Tony Stark (Robert Downey Jr.) gelei word.

Queen of the Desert

Gertrude Bell, vertolk deur Nicole Kidman, was ’n argeoloog, kartograaf, skrywer en ontdekkingsreisiger vir die Britse Koninkryk. Hierdie ware verhaal speel hoofsaaklik af in die Midde-Ooste tydens die aanbreek van die twintigste eeu.

Jane Got a Gun

’n Vrou, gespeel deur Natalie Portman, beskerm haar beseerde man, Noah Emmerich, met die hulp van haar eks, vertolk deur Joel Edgerton. ’n Gewapende bende, gelei deur Ewan McGregor, is egter op haar en haar man se spoor …

Ratchet & Clank

Twee onwaarskynlike helde, Ratchet en Clank, probeer om die planeet te red van Chairman Drek. Hulle span kragte saam met ’n groep kleurryke karakters, The Galactic Rangers, sodat hulle die hele sterrestelsel kan red.

Suid-Afrikaanse flieks

Hierdie Suid-Afrikaanse rolprente is ook op die grootskerm te sien. Free State het hierdie week in teaters begin draai.

Free State

Verskietende ster

fliekgids fliek

Modder en Bloed

modder en bloed

Happiness is a Four-letter Word

Happiness is a four letter word

Opgewonde oor

Die wêreld gons reeds oor hierdie rolprente.

Demolition

The Jungle Book

Irrational Man

Macbeth

Batman v. Superman: Dawn of Justice

fliek fliekgids

Eddie the Eagle

fliek fliekgods

Spotlight

Spotlight poster

The Dressmaker

DressMaker poster

 

How to Be Single

how to be single poster

High Strung

Koop jou kaartjies vir hierdie flieks by Ster-Kinekor, Cinema Nouveau of Nu Metro.

Lees ook