fliek
Hieroor praat mense

Een van SA se grootste flieks begin wys

Herfs is hier en dis tyd vir warm klere, binne bly, komberse en fliek! Hierdie week is daar iets vir almal: Julia Roberts en George Clooney weer saam in ’n film, ’n eerste vir aksieflieks en ’n Suid-Afrikaanse fliek wat jou laat wens jy het die akteurs se klerekas!

Elke Vrydag gee ons vir jou die lys van rolprente wat nuut begin draai, ons lig die Suid-Afrikaanse flieks vir jou uit en dié waaroor ons steeds opgewonde is. Hier is jou fliekgids vir die week: 3 Junie – 10 Junie.

Die volgende flieks het dié week in teaters begin draai

Money Monster

Lee Gates (gespeel deur George Clooney) is die aanbieder van ’n televisieprogram, Money Monster. Dié program gee raad en maak aanbevelings oor aandele. Lee se regstreekse uitsending word onderbreek deur ’n woedende man met ’n geweer wat dreig om Lee te skiet. Hy het raad van Money Monster gevolg en al sy geld verloor. Lee, saam met sy vervaardiger (Julia Roberts) wat in sy oor praat, moet ’n manier vind om die man te help en te kalmeer.

Charlize lei stryd vir gelyke betaling – en wen!

A Bigger Splash

Tilda Swinton vertolk die rol van ’n sangeres wat saam met haar kêrel (Matthias Schoenaerts) op ’n eilandvakansie is. Die vakansie neem ’n vreemde wending as ’n ou vriend, Ralph Fiennes, en sy dogter (gespeel deur Dakota Johnson) kom kuier …

Everybody Wants Some!!

Die bekroonde regisseur van 2014 se Boyhood, Richard Linklater, is terug. Dié keer op ’n ligter noot. Everybody Wants Some!! speel af in die 80’s en gaan oor die verhoudings en aktiwiteite van ’n groep bofbalspelers.

Hardcore Henry

Het jy al ooit gewonder hoe dit sal wees om ’n aksiefliek in die eerstepersoon-vertelling te kyk? Hier is dit nou – jy beleef al die aksie op die silwerdoek uit die oogpunt van die held self. Henry word wakker en besef dat hy half-mens-half-robot is. Die wetenskaplike wat hom gebou het, word deur die vyande opgeraap nog voordat sy stem geaktiveer kan word. Saam met Henry ervaar die kyker die hele storie en al die gebeure, al is hy sonder ’n stem – die filmbelewenis voel presies soos ’n rekenaarspeletjie.

Suid-Afrikaanse flieks

Die volgende Suid-Afrikaanse rolprente is op die grootskerm te sien.

Suid-Afrika se jong talent

Alison (wêreld première)

Wat met Alison Botha in Desember 1994 gebeur het, het Suid-Afrika geskok. Haar gruwelike verkragting en die poging om haar te vermoor het ook die wêreld aangegryp. Die fliek gaan oor die 90 minute wat haar lewe vir altyd verander het. Jy sien ook van haar fisieke en emosionele herstelling ná die tyd, en hoe sy haar herinneringe hanteer deur te skryf en te praat oor wat gebeur het.

Christia Visser speel die jong Alison. De Klerk Oelofse en Zak Hendrikz vertolk die rolle van haar oortreders.

Alison wys eksklusief eerste by Cinema Nouveau se Encounter Fliekfees op 3, 7 en 12 Junie in Kaapstad en Johannesburg!

Alison begin in Augustus landwyd draai.

Mrs Right Guy (begin vandag draai)

As jy hou van mooi klere, fliek saam met vriendinne en die strate van Johannesburg, is hierdie fliek ’n moet-sien! Gugu (gespeel deur Dineo Moeketsi) het al liefdesteleurstellings gehad en dít maak sy duidelik aan almal. Mans moet wegbly. Sy besef dit nog nie, maar iemand gaan haar voete onder haar uitslaan. Eers moet sy nog ’n hele paar lesse leer …

fliek

Happiness is a Four-letter Word

Happiness is a four letter word

Opgewonde oor

Die wêreld praat steeds oor dié rolprente. Maak seker jy loop dit nie op die grootskerm nie mis; sommige wys net by sekere teaters.

Alice Through the Looking Glass

Johnny Depp en Amber Heard skei

The Road Within

The Boss

fliek

The Man Who Knew Infinity

X-Men Apocolypse

fliek

Sing Street

Bad Neighbors 2

Captain America: Civil War

captain america fliekgids

Demolition

Ikoniese mode-items

The Jungle Book

fliek

Queen of the Desert

fliek

Miracles from Heaven

fliek

Irrational Man

Macbeth

Sterre met grade!

The Dressmaker

DressMaker poster

Koop jou kaartjies vir hierdie flieks by Ster-Kinekor, Cinema Nouveau of Nu Metro.

Lees ook

Jou fliekgids vir die week: 27 Mei – 3 Junie

As Kim kan, Kanye? Só breek jy die internet!