Rio-Olympics
#SARIEsport

Jou gids vir die Olimpiese Spele

As jy vanjaar se Olimpiese Spele regstreeks wil kyk, moet jy voorlopig jou slaappatroon vaarwel sê. Rio, Brasilië, is vyf ure agter Suid-Afrika. En dit beteken net een ding: ons gaan ons atlete in die middernagtelike ure moet ondersteun.

Gelukkig kan Suid-Afrikaners reeds Saterdagoggend om 09:35 vir die Leeus skree in die eindstryd van die Superrugby-reeks. Die agtsteman Warren Whiteley sal die Leeus lei teen die Hurricanes in Wellington, Nieu-Seeland. Kyk wie is die spanne hier.

Volgens Sport24 se Heinz Schenk is die kanse goed dat die Leeus met die titel kan wegloop! Maar met die gure weer wat Wellington die afgelope week geteister het, kan dit ’n uitdaging wees.

Hier’s ’n paar van die Olimpiese hoogtepunte:

1. Die openingseremonie – Vrydag, 5 Augustus om 20:00 (Saterdag om 01:00 SA tyd)

In 2012 by die Olimpiese Spele in Londen het die wêreld geskaterlag vir Mister Bean (Rowan Atkinson). Selfs koningin Elizabeth II het saam met James Bond (Daniel Craig) verskyn.

FOTO Instagram / @gisele

FOTO Instagram / @gisele

Vanjaar se openingseremonie word behartig deur die Brasiliaanse filmmaker Fernando Meirelles. En selfs die supermodel Gisele Bündchen gaan daaraan deelneem.

2. Chad le Clos vs. Amerikaanse swemmer Michael Phelps – Dinsdag 9 Augustus om 03:00 SA tyd

Dis die 200 m-vlinderslag se semi-finaal met alle oë op Chad en Michael.

3. Die finaal van 200 m-vlinderslag, 200 m-borsslag en aflos vir 400 m-vryslag – Woensdag, 10 Augustus om 03:00 SA tyd

Ons hou duim vas, maar as dit goed gaan, sal Chad sy titel in die 200 m-vlinderslag verdedig en Cameron van der Burgh sal in die 200 m-borsslag swem. SA se 400 m-vryslag se aflosspan (Cameron, Chad le Clos, Sebastien Rousseau en Christopher Reid) staan ook ’n kans om ’n medalje huis toe te bring.

FOTO Siphiwe Sibeko/ Reuters

FOTO Siphiwe Sibeko/ Reuters

FOTO Olympics

FOTO Olympics

4. Eerste gholftoernooi vir die Olimpiese Spele – Donderdag 11 Augustus om 12:00-21:00 SA tyd

- Die Suid-Afrikaners Brandon Stone and Jaco van Zyl gaan ons land op die baan verteenwoordig. Die toernooi duur vier dae.

5. Semi-finaal vir 400 m (mans) – Sondag 14 Augustus om 01:00 SA tyd

As dinge goed gaan, sal die blitsige Wayde van Niekerk vir ’n plek in die 400 m-finaal baklei.

6. Finaal vir 100 m en 400 m (mans) – Maandag 15 Augustus om 01:15-03:30

Usain Bolt sal sy 100 m-wêreldrekord probeer verbeter. En Suid-Afrika hoop op ’n goue medalje vir Wayde.

FOTO Olympics

FOTO Olympics

Wayde van Niekerk Olympics

FOTO Olympics

7. Eerste vroue-gholftoernooi vir die Olimpiese Spele – Woensdag 17 Augustus om 12:30-21:00

Die Suid-Afrikaners Paula Reto en Ashleigh Simon verteenwoordig ons land op die gholfbaan.

8. Spiesgooi-finaal vir vroue –  Donderdag 18 Augustus om 23:35 – 03:35

Sunette Viljoen kan moontlik in dié eindronde gesien word.

9.  400 m-aflos (mans en vroue) – Saterdag 20 Augustus om 03:15

Vir baie is dit dié hoogtepunt van die Spele. Sal Jamaika vanjaar goud vir albei vat?

10. Dis die 800 m-finaal (vroue) – Sondag 21 Augustus om 01:10-04:00

Die naelbyt-eindronde. Sal Caster dit maak en goud vang?

FOTO Olympics

FOTO Olympics

11. Sewes-rugby (Mans)

9 Augustus om 16:30 – Blitz Bokke vs Spanje

9 Augustus om 21:30 – Blitz Bokke vs Frankryk

10 Augustus om 16:30 – Blitz Bokke vs Australië

10 Augustus om 21:00 – Kwarteindronde

11 Augustus om 17:30 – Halfeindstryd

11 Augustus om 22:30 – Eindstryd

* Vir die volledige lys, besoek Daily Maverick of die amptelike webtuiste vir die Olimpiese Spele.

Rio-Olympics

Dit sal op die volgende kanale van SuperSport uitgesaai word:

SS4 (DStv kanaal 204) – Openingseremonie, swem, atletiek, marathon, loop, afsluitingsseremonie.
SS5 (DStv kanaal 205)  – Hokkie, handbal, vlugbal, gimnastiek, springmat.
SS6 (DStv kanaal 206) – Tennis, basketbal, fietsry, tafeltennis, pluimbal.
SS7 (DStv kanaal 207) – Boks, gewigoptel, judo.
SS12 (DStv kanaal 212) – Olimpiese nuuskanaal.
SS13 (DStv kanaal 213)- Watersport: roei, duik ens.
SS14 (DStv kanaal 214)- Vyfkamp en ruiterkuns.

Vir die SABC-skedule klik hier.