FOTO Instagram / @nasa

FOTO Instagram / @nasa

Hieroor praat mense

Jou gids vir die super-supermaan

Vanaand sal die maan op sy mooiste, grootste en helderste wees in 69 jaar. Die laaste keer toe die maan só naby die aarde was, was in 1948. Die fenomeen? ’n Super-supermaan.

Gister was die maan reeds vol en helder. Dit het gestraal soos ’n krieketstadion wat die donker nag verlig!

Wat is ’n supermaan?

Die maan is naby aan die aarde. En minder as 360 000 km weg. Vanaand se maan sal 356 510 km weg wees!

The Telegraph berig dat die verskynsel eers weer op 25 November 2034 sal plaasvind.

Hoe laat sal die maan te sien word?

Volgens Netwerk24 sal die maan vandag al om 15:52 te sien wees, wanneer dit “opkom”. Dit sal rond wees en lyk soos ’n wolk in die lug.

 

Wenke om die maan vanaand af te neem

SARIE se fotograaf, Phyllis Green, deel spesiaal hierdie wenke:

Almal van ons wil graag mooier foto’s neem. Sommige onderwerpe, soos die maan, vereis bietjie meer vaardigheid as ander.

1. Om die maan groter te laat vertoon op ’n foto, moet jy verkieslik ’n goeie kamera met ’n 200 mm-lens hê en ’n driepoot gebruik. Die driepoot verseker dat jy nie kamerabeweging optel nie.

2. Maak seker dat jy die foto nie oorbelig nie, want dan gaan die maan net soos ’n groot wit kol lyk. Die beste ligverstelling vir so maanfoto is om jou kamera op 100 ASA te stel, stel die lensopening op f.11 en die kameraspoed op 1/125. As die maan baie helder is, stel die lensopening op tot f.16. As die maan te dof is, stel die lensopening af na f.8 of f.5.6. Ek sal aanbeveel dat jy die skoot “bracket”, met ander woorde neem die foto op drie verskillende verstellings en kies die beste foto.

3. Wanneer jy iets in die voorgrond van die foto het met die maan op die agtergrond, gaan die maan altyd oorbelig wees. Neem twee foto’s waarvan die komposisie identies is, maar een net van die maan en een waarop die maan op die agtergrond is. Nou kan jy die maan agterna in Photoshop in die foto plaas sodat daar darem detail op die maan is.

– Stuur jul foto’s van die maan per e-pos aan Liani.jvRensburg@sarie.com. Of tag ons op Instagram of Twitter.

Lees nou

Honderde groet geliefde hond, Walnut

Grammy-wenner Pink is swanger