FOTO Instagram /@geraldzinyo

FOTO Instagram /@geraldzinyo

Hieroor praat mense

SA stembus toe! Jou gids tot die verkiesing

Sowat 800 000 mense het die afgelope drie dae reeds hul kruisies getrek in die 2016 Munisipale Verkiesing, berig Netwerk24. Vandag, op 3 Augustus, gaan die res van Suid-Afrika hul stem uitbring.

Kiesers in die Kaap en Gauteng moet maar warm aantrek, want dit gaan ’n yskoue stemdag wees.

FOTO Facebook / IEC

FOTO Facebook / IEC

Jou gids vir dié verkiesing:

1. Waar moet ek stem? Besoek die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se webtuiste. Tik jou ID-nommer in. Jou distriksnommer, wyksnommer, sowel as die adres waar jy moet gaan stem, sal verskyn. Klik hier.

2. Wat moet ek saambring? ’n Geldige identiteitsboekie.

3. Hoe werk die proses? As jy in die stemlokaal kom, sal ’n stembeampte jou ID neem, jou naam op die lys afmerk en jou duim met ink merk.

Jy sal 2 stembriewe ontvang as jy in die plaaslike en metro-gebiede val. Een is vir die plaaslike regering en die ander een vir ’n wyksleier. Indien jy ook in ’n distriksgebied val, sal jy 3 stembriewe ontvang, met die derde een wat vir die distriksverkiesing tel.

Maak seker jou stembriewe is gestempel as die stembeampte dit aan jou oorhandig. Gaan na ’n stembus toe en merk duidelik met ’n X in die blok van jou keuse.

Vind uit wie die kandidate vir jou wyksleier is hier.

4. Wat mag ek nie doen nie?

Jy mag nie ’n selfie in die stemlokaal neem nie, en ook nie ’n selfie van jou met jou gemerkte stembrief nie.

* As jy gretig is om ’n selfie te neem, neem een van jou duim en tag ons, @sarietydskrif, op Instagram of Snapchat. En deel dit met #SARIEStem.

5. Tot hoe laat mag ek stem? Jy kan van 07:00 tot 19:00 stem.

Vir verdere inligting, besoek die OVK se webtuiste.

FOTO Facebook / IEC

FOTO Facebook / IEC


Hoe vind ek SARIE op Snapchat?

1) Maak seker jy laai Snapchat op jou foon af (kyk HIER hoe jy dit doen)

2) As jy op jou foon is, klik op dié skakel: https://www.snapchat.com/add/sarietydskrif of trek jou skerm na onder. Hier kan jy jou profielfoto in die spokie verander en vriende soek. Klik op “Add Friends”, “Add by username” en tik SARIEtydskrif in.

Lees nou

SARIE nou op Snapchat

Munisipale Verkiesing: jou gids