kimoji

FOTO Instagram (@krisjenner)

Hieroor praat mense

Jou Kimoji-verrassing vir vandag!

Dis 4 Julie, en Amerikaners vier vandag Onafhanklikheidsdag. Hoewel ons dit nie in Suid-Afrika gedenk of die dag afkry nie, is daar een ander verrassing waarin ons kan deel: nuwe Kimoji’s!

Kim Kardashian het verlede week aangekondig as jy die nuutste Kimoji’s op jou slimfoon het, gaan jy vandag ’n verrassing ontvang. Kimoji is Kim Kardashian se app wat jy op jou slimfoon kan laai, wat allerhande uitdrukkings bevat – deur Kim gekies of op haar gebaseer. Die nuwe reeks Kimoji’s is spesiaal ontwerp om Onafhanklikheidsdag te vier.

Who has been using the new 4th of July Kimojis?

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Maar maak sommer ook seker jy het onlangs jou Kimoji-app opdateer, want aan die begin van Junie is daar verskeie nuwe uitdrukkings bygevoeg. Dit sluit emoji’s met die gesigte van Kanye en North West in wat beweeg!

New Kimoji’s coming soon!!!!

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Ons het vroeër berig dat die wêreld binnekort 72 nuwe emoji’s ryker gaan wees, so tussen WhatsApp en Kimoji is daar geen verskoning om jou gevoelens nie akkuraat uit te druk nie. En as dit nie genoeg is nie, laai Hillary Clinton se reeks emoji’s (Hillarymoji) af!

So many new good Kimojis launching tomorrow!

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Work it out! #Kimoji

A video posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Play Store af

Lees nou

Kyk hier! Die amptelike lokprent van Sy Klink Soos Lente!

Het jy geweet jy kan dít op Facebook & Instagram doen?

Ryan Gosling: ‘Ek is soms 47% vrou!’