Rio Olympics
Hieroor praat mense

Jou Olimpiese gids vir die volgende twee dae

Suid-Afrika is reeds bederf met twee silwer medaljes. Die swemmer Cameron van der Burgh het gister silwer in die 100 m-borsslag verwerf! En vanoggend het Chad le Clos ’n silwer medalje in die 200 m-vryslag losgeswem! 

Vanjaar se Olimpiese Spele is omtrent ’n uitdaging as jy dit regstreeks uit Suid-Afrika wil kyk. Rio is 5 ure agter ons en dit beteken net een ding: Ons moet dikwels in die middernagtelike ure ons atlete aanmoedig.

Hier is jou gids vir die volgende twee dae – sodat jy nie hoef te soek nie:

- Dinsdag 9 Augustus om 15:00 SA tyd – Halfeindronde vir roei (mans)

Suid-Afrikaanse roeiers Lawrence Brittain en Shaun Keeling baklei vir ’n plek in die eindstryd.

- Dinsdag 9 Augustus om 16:30 – Blitsbokke by die sewesrugbytoernooi

Die Blitsbokke speel vandag om 16:30 teen Spanje. En om 21:30 teen Frankryk.

FOTO Instagram / @seabelosenatia

FOTO Instagram / @seabelosenatia

- Woensdag 10 Augustus om 01:00 SA tyd – Banyana Banyana in aksie

Ons vroue-sokkerspan, Banyana Banyana, speel teen Brasilië.

- Woensdag, 10 Augustus om 03:00 SA tyd: Die manseindstryd van 200 m-vlinderslag, 200 m-borsslag en aflos vir 400 m-vryslag

Ons hou duim vas, maar as dit goed gaan, sal Chad sy titel in die 200 m-vlinderslag verdedig en Cameron van der Burgh sal in die 200 m-borsslag swem. SA se 400 m-vryslag se aflosspan (Cameron, Chad le Clos, Sebastien Rousseau en Christopher Reid) staan ook ’n kans om ’n medalje huis toe te bring.

FOTO Siphiwe Sibeko/ Reuters

FOTO Siphiwe Sibeko/ Reuters

 – Woensdag 10 Augustus om 16:30 SA tyd: Blitsbokke weer in aksie

Ons Blitsbokke speel teen Australië.

- Woensdag 10 Augustus om 21:00 SA tyd: Kwarteindronde vir die sewesrugby

As alles goed gaan, kan die Blitsbokke ’n goue medalje huis toe bring!

A Rainbow nation #teamSArise #teamsouthafrica #rio2016Priceless experience

A photo posted by Tim Agaba (@tim_agaba) on

Hou SARIE.com dop vir jou volgende gids.

Lees nou

Jou Aardklop 2016-gids: die 5 produksies wat jy móét sien

Rio 2016: Almal soek ’n stukkie Wayde

Cheslin blits na die Spele saam met nefie