FOTO Unsplash / Darius Sankowski

FOTO Unsplash / Darius Sankowski

Hieroor praat mense

Dís hoe sterk jou SA paspoort is

Eers die sterkste paspoort ter wêreld: die Duitse een. As jy ’n Duitser is, kan jy 158 uit die 196 lande in die wêreld sonder ’n visum besoek. 

Dít is volgens die internasionale finansiële raadgewer Arton Capital se paspoortindeks, wat jaarliks inligting uitreik oor lande se paspoorte. In tweede plek is Singapoer en Swede met 157 lande elk. Lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Amerika is derde met 156. Heel laaste is Afghanistan met 23.

FOTO Andrew Neel

FOTO Andrew Neel

Suid-Afrika lê 48ste op die ranglys met 91 lande wat jy sonder ’n visum kan besoek. Die nuutste land wat jy sonder ’n visum kan besoek is Rusland, berig Jacaranda FM. Van die ander lande is  Argentinië, die Bahama-eilande, Singapoer, Lesotho, Gaboen, Suid-Korea, Brasilië, Botswana, Ierland, Kenia, Hongkong, Israel, Zambië, Colombië, Namibië en Thailand.

Vir die volledige lys klik hier.

En ander Afrika-lande? Die eilandgroepe Seychelle (25ste) en Mauritius (32ste) lê bo ons met onderskeidelik 126 en 118 lande. Ons buurland Botswana beklee die 59ste posisie met 69 lande en Namibië is 63ste met 64 lande.

Lees nou

Ons is opgewonde oor . . . Lynelle Kenned!

60-jarige skitter as swembroekmodel

Paartjie skud saam 100 kg af