fame
Hieroor praat mense

Jou stem tel vir 2017 se Rock & Roll Hall of Fame!

Het jy geweet jy kan stem vir jou gunsteling-sanger om in die Rock & Roll Hall Of Fame 2017 te verskyn? Lees hier om te sien wie benoem is en hoe jy kan stem!

Jy kan tot 5 November 2016 een keer per dag stem vir 2017 se nuutste toevoegings tot die Rock & Roll Hall Of Fame. Om te stem kies jy 5 van jou gunstelinge, tik jou e-posadres in en siedaar, jy’t jou sê gesê.

Die benoemdes is:

Depeche Mode

Journey

Electric Light Orchestra (ELO)

The Cars

Pearl Jam

Yes

Steppenwolf

The J. Geils Band

Joan Baez

Jane’s Addiction

The Zombies

Tupac Shakur

Janet Jackson

Chaka Khan

Kraftwerk

MC5

Chic

Bad Brains

Joe Tex

 

Sover is Journey, Electric Light Orchestra (ELO), The Cars, Pearl Jam en Yes die top-5.

Lees nou

Laudo Liebenberg se Karoo-troue

Ellen Emoji’s & nuwe musiek van Bowie! #SloerIdee

Natuurfilms deur Leonardo DiCaprio en ander op pad!