justin bieber

FOTO Twitter (@justinbieber)

Hieroor praat mense

Justin Bieber laat spat 8 wêreldrekords!

Jip, maak nie saak of jy ’n Belieber is of nie. Hierdie moet jy glo: Justin Bieber het pas 8 Guinness World Records opgestel!

Justin se vierde album, Purpose, is verlede jaar bekend gestel. Dit het reeds ongekende sukses behaal en die meeste van sy 8 wêreldrekords spruit hieruit.

Hierdie is sy nuwe wêreldrekords:

1. “What Do You Mean?” is die liedjie wat al die meeste in een week op Spotify geluister is.

2. Purpose was onmiddellik nommer 1 op die Billboard 200.

3. Die album is in net een week 205 miljoen keer op Spotify gespeel.

4. Bieber het die rekord oortref vir die meeste aantal liedjies wat gelyktydig op die Billboard Hot 100 is: ’n hele 17 liedjies!

5. Justin is die man met die meeste Twitter-volgelinge: meer as 87 miljoen mense volg hom op dié platform.

6. Sy YouTube-kanaal is die kanaal wat die meeste gekyk word.

7. Hy het die meeste intekenaars op sy YouTube-kanaal.

8. Justin Bieber het die 3 top-posisies op die UK Singles Chart gevat met Love Yourself, Sorry en What Do You Mean?

Lees nou

Jong Justin Bieber, Kendall Jenner kry stof in die oë

Ander Orlando-skietdood: Selena Gomez & Justin Bieber in trane!