FOTO Unsplash / Brooke Cagle

FOTO Unsplash / Brooke Cagle

Hieroor praat mense

Is jy eintlik ’n millennial? Hier’s ’n toets!

“Millennial” is beslis ’n gonswoord. Vir jare is daar navorsing oor hierdie generasie-klassifikasie gedoen. Nou word die definisie nie meer nét aan ouderdom gekoppel nie, maar ook aan ’n denkwyse of lewensbenadering. Dit maak dus nie saak of jy 7 of 77 is nie, jy dink dalk soos ’n millennial (die sg. millennial mindset) sonder dat jy dit weet! 

Wat is millennials?

Millennials, oftewel Generasie Y, verwys na die geslag wat in die jare 1980 tot 2000 gebore is.

Die ouderdomsgroep word soms sterk gekritiseer omdat hulle nie verstaan word nie. Artikels se opskrifte lig dikwels die negatiewe uit. Maar soos die uitdrukking lui: “Elke generasie dink mos hy was beter as die volgende een.”

FOTO Unsplash (Greg Raines)

FOTO Unsplash (Greg Raines)

Jy kan baie aanlyntoetse doen om agter te kom hoe sterk jou millennial-mindset is, soos hier, hierhier en ons eie SARIE-vraelys hieronder! Met die gesaghebbende Washingtonse navorsingsentrum Pew se aanlyntoets beantwoord jy 15 eenvoudige vrae en die uitslag verduidelik in watter mate jy ’n millennial is.

Hierdie vraelys was vir my interessant. Dit staaf die idee dat jy nie ’n sekere ouderdom hoef te wees om ’n millennial genoem te word nie, maar dat dit ’n manier van dink is. Dit kan wees dat jy in die regte ouderdomsgroep is, maar glad nie die millennial mindset het nie. Of jy is heelwat ouer, maar danksy die tegnologie, jou beroep en die “positiewe druk” van jou kinders, dink jy tog inderdaad soos ’n millennial!

Hier is 10 kern-idees waaroor jy solank kan dink

1. Wanneer kyk jy televisie?

2. Hoe lees jy die nuus? Lees jy nog die koerant?

4. Speel jy videospeletjies of speletjies op die rekenaar?

5. Het jy ’n landlyn en ’n slimfoon?

6. Hoeveel boodskappe stuur jy daagliks van jou selfoon af?

7. Was jou ouers getroud tydens jou grootwordjare?

8. Het jy ’n tatoeëermerk of gaatjies op ander plekke as jou oorlob?

9. Het jy sosialemedia-profiele (LinkedIn, Facebook, Twitter, Instagram, ensovoorts)? Lees: How Millennials use and control social media

Neem standpunt in oor:

1. Hoe belangrik is dit vir jou om in ’n beroep suksesvol te wees en ’n groot maandelikse salaris te verdien? Lees: Millennials Are Redefining Success

2. Wat dink jy van gemengde huwelike?

3. Maak jy ’n punt daarvan om met regeringsamptenare of groot maatskappye te kommunikeer as jy probleme ervaar? Jou kommunikasie kan deur verskeie kanale wees (Twitter, Facebook, e-pos, ensovoorts) of deur verskillende organisasies.

4. Waar woon jy? Woon jy by jou ouers, op jou eie, saam met vriende, jou huweliksmaat, of besit jy al jou eie huis? Lees: For First Time in Modern Era, Living With Parents Edges Out Other Living Arrangements for 18- to 34-Year-Olds

5. Is jy baie godsdienstig? Lees: Q&A: Why Millennials are less religious than older Americans

6. Wat is jou politieke sienings? Is jy meer konserwatief as liberaal? Lees: New Report: Millennials’ Political Behavior Will Surprise You

7. Wanneer behoort jy te trou en kinders te kry? Lees: Gallup Analysis: Millennials, Marriage and Family

Jy kan die verslag van Pew se navorsing hier lees.

Doen hier ons SARIE-vraelys:

Hoe gereeld kyk jy televisie?

  • Die televisie is altyd aan.
    Die televisie is altyd aan.
  • Ek besit nie ’n televisie nie.
    Ek besit nie ’n televisie nie.
  • Saans.
    Saans.

Hoe lees jy die nuus?

  • Gedrukte koerante.
    Gedrukte koerante.
  • Sosiale media.
    Sosiale media.
  • Die koerant aanlyn.
    Die koerant aanlyn.

Speel jy videospeletjies of speletjies op die rekenaar?

  • Ja.
    Ja.
  • Nee.
    Nee.

Het jy ’n landlyn én ’n slimfoon?

  • Ja.
    Ja.
  • Nee.
    Nee.

Hoeveel boodskappe stuur jy elke dag van jou selfoon af?

  • Minder as 10.
    Minder as 10.
  • Ongeveer 10 - 30.
    Ongeveer 10 - 30.
  • Meer as 30.
    Meer as 30.

Was jou ouers getroud tydens jou grootwordjare?

  • Ja.
    Ja.
  • Nee.
    Nee.

Het jy ’n tatoeëermerk of gaatjies op ander plekke as jou oorlob?

  • Ja.
    Ja.
  • Nee.
    Nee.

Hoe belangrik is beroepstatus en ’n groot maandelikse salaris vir jou?

  • Dit is een van die belangrikste dinge vir my.
    Dit is een van die belangrikste dinge vir my.
  • Ek wil liewer trots en gelukkig by die werk wees en werk eerder vir 'n maatskappy wat omgee vir sy mense as vir een met groot salarisse en 'n hardvogtige houding teenoor werknemers.
    Ek wil liewer trots en gelukkig by die werk wees en werk eerder vir 'n maatskappy wat omgee vir sy mense as vir een met groot salarisse en 'n hardvogtige houding teenoor werknemers.
  • Ek doen vryskutwerk en bepaal maandeliks my eie inkomste.
    Ek doen vryskutwerk en bepaal maandeliks my eie inkomste.

Wat dink jy van gemengde verhoudings?

  • Ek dink dis nog ongewoon.
    Ek dink dis nog ongewoon.
  • Ek sien dit nie meer raak nie; dit maak regtig nie saak nie.
    Ek sien dit nie meer raak nie; dit maak regtig nie saak nie.

Maak jy ’n punt daarvan om met regeringsamptenare te kommunikeer as jy probleme ervaar?

  • Ja, mens moet iets sê. Ek laat weet hulle d.m.v. Twitter, Facebook, per e-pos of enige ander manier.
    Ja, mens moet iets sê. Ek laat weet hulle d.m.v. Twitter, Facebook, per e-pos of enige ander manier.
  • Nee, ek sal by die volgende verkiesing laat weet wat ek dink.
    Nee, ek sal by die volgende verkiesing laat weet wat ek dink.

Waar woon jy?

  • By my ouers.
    By my ouers.
  • Ek huur saam met vriende.
    Ek huur saam met vriende.
  • Ek woon alleen en huur 'n woonstel.
    Ek woon alleen en huur 'n woonstel.
  • Ek besit 'n huis.
    Ek besit 'n huis.

Is jy godsdienstig?

  • Ja.
    Ja.
  • Nee.
    Nee.

Wat is jou politieke sienings? Is jy meer konserwatief as liberaal?

  • Konserwatief.
    Konserwatief.
  • Liberaal.
    Liberaal.

Wanneer behoort mens te trou en kinders te kry?

  • Trou voor 30 en al jou kinders ten minste hê voor 40.
    Trou voor 30 en al jou kinders ten minste hê voor 40.
  • Wie trou nog?!
    Wie trou nog?!
  • Wanneer jy die regte persoon ontmoet, maar die laatste wat ek wil trou, is in my vroeë 30's.
    Wanneer jy die regte persoon ontmoet, maar die laatste wat ek wil trou, is in my vroeë 30's.
  • Jy kan trou wanneer jy reg is daarvoor, jy behoort nie te wag vir geld en die regte beroep nie.
    Jy kan trou wanneer jy reg is daarvoor, jy behoort nie te wag vir geld en die regte beroep nie.

Jou resultaat!

Jy val buite Generasie Y, die sogenaamde millennials. Jy is eerder ’n "Baby Boomer" of deel van Generasie X. Jy is geneig om te glo in die mag van die munisipale verkiesings, jy wil graag jou kinders sien trou en jy vertrou nie groot korporasies nie. Jy is ook geneig om hard te werk, het gespaar vir ’n huis, jou kinders se opvoeding en ook jou aftrede. Baie artikels verwys na hierdie generasie as sinies en die generasie wat tussen als deur geval het. Jy het tien teen een ná die groot oorloë grootgeword, maar dit was voor die ontploffing ("boom") in tegnologie. "Baby Boomers" en Generasie X dek ’n baie groot groep mense. Daar is verskillende subkulture in dié groep, daarom is dit moeilik om jou in ’n bepaalde kategorie te plaas.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jy het daardie "millennial mindset" waarvan almal praat. Jy is grootgemaak deur die "Baby Boomers" of Generasie X. Jy is geneig om meer liberale politieke sienings te hê, beoefen nie noodwendig enige geloof nie en jy het grootgeword saam met die vinnige groei in tegnologie. Jy is geneig om later te trou of glad nie. Dit maak nie eintlik vir jou saak nie. In terme van beroep is dit vir jou belangriker om jou werk te geniet en trots te wees op die maatskappy waarvoor jy werk, eerder as om jou lang ure af te sloof vir ’n groot salaris by 'n maatskappy waar jy nie gelukkig is nie. Jou "millennial mindset" en al sy implikasies, goed en sleg, is die gevolg van redes buite jou beheer, soos jou ouers wat geskei het, politici wat jou teleurstel, terreur-aanvalle en die slegte ekonomie.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jy het daardie "millennial mindset" waarvan almal praat. Jy is grootgemaak deur die "Baby Boomers" of Generasie X. Jy is geneig om meer liberale politieke sienings te hê, beoefen nie noodwendig enige geloof nie en jy het grootgeword saam met die vinnige groei in tegnologie. Jy is geneig om later te trou of glad nie. Dit maak nie eintlik vir jou saak nie. In terme van beroep is dit vir jou belangriker om jou werk te geniet en trots te wees op die maatskappy waarvoor jy werk, eerder as om jou lang ure af te sloof vir ’n groot salaris by 'n maatskappy waar jy nie gelukkig is nie. Jou "millennial mindset" en al sy implikasies, goed en sleg, is die gevolg van redes buite jou beheer, soos jou ouers wat geskei het, politici wat jou teleurstel, terreur-aanvalle en die slegte ekonomie.
Begin van voor?

Lees nou

#9tot5: Só kry jy daai werk

#9tot5: Skrap hierdie 10 slegte kantoorgewoontes

Sperdatums shmerdatums! Só hou jy daarby