Hieroor praat mense

Tarzan kry ’n 8 pack en Jane weier om gewig te verloor!

En hier is die naweek waarvoor soveel aanhangers wag: die nuutste Tarzan-prent is hier! Dit lyk en klink anders as voorheen. PLUS Margot Robbie is Jane en beslis geen damsel in distress nie.

Daar is baie flieks wat jy hierdie week kan kyk, met net twee nuwe flieks wat begin draai. Jy het meer as genoeg rede om ’n plan te maak en al die films in te haal wat jy dalk misgeloop het.

The Legend of Tarzan

Dit is jare ná Tarzan (Alexander Skarsgård True Blood-faam) die woude van die Kongo verlaat het om ’n lewe in Londen te begin as John Clayton III. Nou word hy as gesant van die parlament na die Kongo teruggestuur om handelsroetes te beplan. Hy en sy vrou (Margot Robbie) kom vinnig tot die slotsom dat dié besoek ’n onderduimse plan van ’n Belgiese kaptein is …

Metro berig dat Margot Robbie geweier het om gewig te verloor vir die rol. Haar rede? Sy wou elke pub in Londen besoek terwyl hulle daar skiet! Natuurlik sou die kroeg-uitstappies nie haar gewig in toom gehou het nie, toe het sy die vervaardigers oortuig dat Jane nie ’n gym bunny sou wees nie.

Alexander, aan die ander kant, moes ’n 8-blokkiesmaag kry vir sy rol as Tarzan. Just Jared berig dat hy twee keer ’n dag tydens verfilming moes oefen en vooraf moes hy 7 000 kalorieë per dag eet (dis 3 keer meer kalorieë as wat hy normaalweg inneem) tydens sy streng oefenroetine. Toe hy op die stel in Londen aankom, het hy onthul dat hy op ’n baie streng dieet was van geen suiker, gluten, meel, suiwel of alkohol nie! Hy het 6 kleiner etes per dag geëet saam met sy twee daaglikse oefensessies.

Alexander gaan met die stylikoon Alexa Chung uit. Lees meer oor haar HIER.

Genius

Nicole Kidman, Colin Firth en Jude Law vertel die storie van Max Perkins as die boekredakteur van die uitgewer Scribner in die tyd toe hy Ernest Hemingway, Thomas Wolfe en F. Scott Fitzgerald se werke moes publiseer.

Maak seker jy loop ook nie hierdie flieks op die groot skerm mis nie

Lees nou

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent