FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Jy kan in die Eiffeltoring bly!

Wie sou ooit kon raai dat jy in die Eiffeltoring kan bly? Ja, jy lees reg. Daar’s ’n woonstel in dié struktuur en vir die eerste keer in die geskiedenis kan toeriste hier bly! Ongelukkig is dit vir eers net ’n tydelike geleentheid.

Die vakansie-verhuringsagentskap HomeAway het die woonstel geskep spesiaal vir Euro 2016 wat in Frankryk gehou word, berig CNTraveler. Die vertrek op die eerste vloer, met ’n 360°-uitsig oor Parys, was oorspronklik ’n konferensielokaal, maar is in net 48 uur deur die binnenshuise ontwerper Benoit Leleu omskep.

Om te wen moes jy sê wat jy vir ’n aand in dié unieke woonstel sal doen. Onder die inskrywings was: “Ek sal ’n BBP-pajama-partytjie hou”,“Ek sal weer my vrou vra om te trou”, “Ek sal in die bed bly en sjampanje drink, sjokolade en croissants eet!”

Mmmm … wat sal jy doen?

Die vier wenners is reeds aangekondig. Loer hier binne die woonstel:

FOTO: HomeAway

FOTO HomeAway

FOTO: HomeAway

FOTO HomeAway

Maar dis nie al woonstel in dié toring nie. Die ontwerper, Gustave Eiffel, het ’n geheime woonstel in die toring ingerig, waar hy wetenskap-elite soos Thomas Edison onthaal het. Deesdae kan jy dit sien op die derde vloer van die Eiffel.

FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Lees nou

Franja du Plessis se eerste musiekvideo

Jamie Foxx en Katie Holmes nou ’n paartjie!

Maak ’n bedkopstuk – in ’n dag!