funny girl
Hieroor praat mense

Fugard soek ’n Funny Girl

Noem jy die musiekblyspel Funny Girl, dink jy waarskynlik onwillekeurig aan Barbra Streisand, wat die hoofrol gespeel het toe dit die eerste keer in 1964 op Broadway opgevoer is. Verlede week het die Fugard-teater op Facebook aangekondig dat oudisies vir rolle in dié stuk van 11 – 14 Julie in Kaapstad en Johannesburg plaasvind. 

Funny Girl wat tans in Londen se West End opgevoer word, sal volgende jaar plaaslik te sien wees. Barbra Streisand het destyds die hoofrol (Brice) gespeel, en het ook die hoofrol vertolk toe dit in 1968 in ’n rolprent omskep is. Sy het vir dié vertolking ’n Oscar as beste aktrise gewen.

 

Een van die bekendste liedjies in Funny Girl is “Don’t Rain On My Parade”, wat in dié video-uittreksel van die 1968-film met Barbra as Brice gehoor kan word:

In meer onlangse jare het die televisiereeks Glee hierdie film en musiekblyspel baie bekend gemaak. Een van die hoofkarakters, gespeel deur Lea Michele, se grootste held was Barbra Streisand en sy sou enigiets doen om eendag ook in Funny Girl te speel.

Kyk hier na een van Funny Girl se liedjies, gesing deur Lea Michele in een van die Glee-episodes:

Ek gaan natuurlik my skoene afstof en gereed staan vir April 2017, maar vir die meer talentvolles onder ons wat ’n oudisie wil aflê, go for it! En sterkte. Hier is die Fugard-teater se aankondiging:

BRONNE: Wikipedia

Lees nou

Tony-aand vereer Orlando-slagoffers

Suid-Afrikaanse regisseur vir Tony benoem

100 bekendes se jeans help vlugtelinge