Bobby as mnr. Conradie in die Afrikaanse musiekfilm 'As jy sing'

Bobby as mnr. Conradie in die Afrikaanse musiekfilm 'As jy sing'

Hieroor praat mense

Kyk nou As jy sing op jou rusbank

Dit was een van verlede jaar se top-flieks in Afrikaans. En nou kan jy dié pret weer op jou rusbank geniet met die DVD.

Dié musiekfliek – met onder andere Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Franja du Plessis en Leah – is verlede jaar in teaters uitgereik. Dit gaan oor ’n musiekonderwyser (Bobby) wat ’n groep musiekleerlinge op ’n kamp neem ter voorbereiding van ’n sangkompetisie – met hope kinkels in die kabel!

Al die sterre by die premiére van As jy sing

As jy sing het net in die openingsnaweek meer as R1,5 miljoen by die loket ingepalm.

Bobby en Leah in 'As jy Sing'.

Bobby en Leah in ‘As jy Sing’.

Plaaslike rolprente vaar goed

Die DVD – wat ekstra onderhoude en agter-die-skerms-materiaal bevat – is dalk die ideale geskenk vir Valentynsdag. As jy sing se DVD en klankbaan is nou landswyd beskikbaar.As Jy Sing DVD packshot

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

 

 

 

Moet ook nie vergeet om jou oë oop te hou vir Franja du Plessis, Juanita se dogter, wat haar debuutverskyning in die fliek maak nie!