As Jy Sing - Soundtrack
Het jy gehoor?

Nuwe Afrikaanse prent ‘As jy sing’ se klankbaan besonders

As jy sing is ’n musiekrolprent in die ware sin van die woord. Dié fliek bevat die grootste en nuutste Afrikaanse treffers wat deur van die land se top-kunstenaars geskryf en gesing word.

Baie van die liedjies in As jy sing is reeds vooraf aan die publiek bekend gestel, soos Bobby van Jaarsveld se “’n Vrou wil dit hoor”, maar selfs dié lied wat in 2011 uitgereik is, was reeds beplan vir As jy sing. Treffers van ander sangers soos Karlien van Jaarsveld en Bok van Blerk is ook op dié ster-gevulde klankbaan.

Groot première vir nuwe Afrikaanse prent ‘As jy sing’

Daar is ook drie nuwe, eksklusiewe liedjies, “Totaal finaal” wat deur Bobby gesing word, “Ek moes jou gesoen het” ook deur Bobby en die vroulike hoofrol in dié film, Leah, en “In twee geskeur” wat Franja du Plessis sing.

Die vervaardiger en regisseur van As jy sing, Johan Vorster en André Odendaal, het dit ook goed gedink om die film-musiek by die klankbaan van die fliek in te sluit. Die film-musiek is deur Deveroux van der Hoven Oosthuizen, Juan ‘Floors’ Oostuizen en Johan Vorster geskryf en vervaardig.

Só lyk die klankbaan van As jy sing

  • “Totaal finaal” – Bobby van Jaarsveld
  • “Eendag as ons groot is” – Dewald Wasserfall
  • “Snak na my asem” – Karlien van Jaarsveld
  • “Ek moes jou gesoen het” – Bobby van Jaarsveld en Leah
  • “Knieë lam” – Eden
  • “’n Vrou wil dit hoor” – Bobby van Jaarsveld
  • “Ek wil nie kwaad gaan slaap nie” – Karlien van Jaarsveld
  • “Hoor hoe raas die stilte” – Karlien van Jaarsveld
  • “Timbuktu” – Riana Nel
  • “Superhero” – Eden
  • “Vergeet wat jy weet van liefde” – Dewald Wasserfall
  • “In twee geskeur” – Franja du Plessis
  • “Soentjie” – Herman van Veen
  • “Huil soos ’n man” – Bok van Blerk

Die geoefende oor sal baie van dié liedjies in die instrumentale film-musiek hoor, wat ook op dié album ingesluit is:

Die instrumentale film-musiek

  • “Dagdroom”
  • “Die Bredenkamps”
  • “In die donker”
  • “Hou moed”
  • “Tweede Wittebrood”
  • “Intrek”
  • “Kombuis ontmoeting”
  • “Valkaries”
  • “Stilte voor die storm”
  • “Maak vrede”
  • “In die donker”
  • “Die einde”

 

Nóg oor As jy sing en dié fliek se sterre

Juanita: ‘Ek droom groot vir my kinders’

Franja du Plessis: ‘Ek moes uit my dop kruip’

Eksklusief: Nuwe fliek met Bobby, Karlien, Hanna en …?

Katlego van Flip a Coin wys sy ander kant in As jy sing

FOTO’S: Karlien, Hanna en Juanita se dogter in nuwe fliek

Corine du Toit, een van die skrywers van As jy sing, is swanger!

Só sien Hanna Grobler haarself

NUUT! Die lokprent vir die nuwe Afrikaanse film As jy sing

FOTO’S: Bobby & Karlien in nuwe fliek

Groot première vir nuwe Afrikaanse prent ‘As jy sing’

Hou SARIE.com en SARIE dop vir meer eksklusiewe inligting oor dié rolprent.