Alyssa Ferreira. FOTO: Facebook
Hieroor praat mense

Kapenaar in internasionale modelkompetisie

Curvy Kate, ’n Britse onderklere-handelsmerk, is bekend vir hul mooi modelle. Nou soek hulle ’n nuwe gesig. En die 21-jarige Kapenaar Alyssa Ferreira is dalk net die een … 

Curvy Kate is veral bekend vir hul bra’s vir vroue wat groter as ’n D-grootte is. En nou het dié handelsmerk vroue genooi om in te skryf vir hul Star in a Bra-modelkompetisie.

Meer as 1 000 vroue het vanjaar ingeskryf en Alyssa Ferreira van Kaapstad is een van die top-25-finaliste.

Die wenner van die kompetisie is nie net een van die gesigte van Curvy Kate se nuutste advertensieveldtog nie, sy wen ook ’n modelkontrak én ’n wegbreek vir 2 na die Middellandse See.

Alyssa Ferreira. FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Alyssa sê sy het ingeskryf omdat sy haar selfvertroue ’n hupstoot wou gee en sy wou die stereotipe breek dat mooi meisies met blonde hare en groot borste dom is. Sy is op die oomblik ook besig met haar vlieëniersopleiding (hooffoto).

Om vir Alyssa te stem, klik hier. Die top-10-finaliste word op 10 Maart aangekondig.