Hieroor praat mense

FOTO’S: KAMERS vol geskenke in Pretoria, Irene

KAMERS vol geskenke het Irene in Pretoria vandeesweek getref en dít is die een plek waar jy vanjaar móét wees. Dis boonop ideaal om sommer jou Kersinkopies hier te doen!

Pretorianers kan nou tot 8 Desember by KAMERS vol geskenke gaan kuier op die Open Window-kampus in Irene. Hier is álles – van mooigoed vir jou huis, klere, skoene, juweliersware, heerlike kos én hope idees en inspirasie!

SARIE is ’n trotse mediaborg van dié jaarlikse fees. Besoek gerus ons stalletjie en koop die nuwe SARIE WOON daar. (Loer binne die SARIE WOON HIER – ons wys jou prag-huise uit Pretoria PLUS slim idees wat vir jóú huis sal werk.)

kamers irene 2013_06

kamers irene 2013_03

Gaan groet gerus SARIE se handelsmerkbestuurder, Emtia Morrison, by die SARIE-stalletjie.

  • Kamers vol geskenke is van 3 – 8 Desember in Irene, Pretoria
  • Klik HIER vir die aanwysings na die Open Window-kampus
  • Hekke is oop van 09:00 – 18:00. Vrydagaand, 6 Desember, kan jy tot 20:00 koop!

Alle foto’s: Phyllis Green

*Die datums vir 2014 se KAMERS in Johannesburg en Kaapstad is reeds bekend. Teken dit solank in jou dagboek aan: 18 – 21 April in Johannesburg en 5 – 8 Junie in Kaapstad. (Die ander geleenthede se datums sal nog bekend gemaak word.)