FOTO Facebook Volunteer Wildfire Service

FOTO Facebook Volunteer Wildfire Service

Hieroor praat mense

Só kan jy die brandbestryders help

Die Kaap is die afgelope paar weke deur brande geteister en brandbestryders moes bontstaan.

Om dinge te vererger waai die wind sterk: Toe die brand Maandag op Tafelberg uitgebreek het, het die wind in Kaapstad sowat 40 km/h gewaai. EWN berig minstens 2,5 miljoen liter water is reeds gebruik om die brande van die afgelope maand in die Wes-Kaap te blus.

Maar die brandbestryders se dapperheid en hardwerkendheid kan nie geblus word nie, al was daar net op een dag 106 brande!

 En elkeen van ons kan ons deel doen om te help.

Só kan jy help

• Moenie toelaat dat iemand ’n sigaretstompie uit ’n motorruit gooi nie.

• As die brand reeds ontstaan het, moenie in jou motor klim om te gaan kyk nie, dit veroorsaak verkeersknope wat dit moeiliker maak vir die brandweer om na die toneel te haas.

• Draai jou krane toe wanneer daar ’n brand in jou omgewing is sodat die waterdruk op sy hoogste is vir die brandweer.

• Moenie self gaan help as jy nie opgelei is en toegelaat word op die toneel nie.

• Plaaslike organisasies soos radiostasies verwittig die publiek van sentrale punte waarheen verversings vir brandbestryders geneem kan word.

• Skenk die volgende:
– Nie-bederfbare kos
– Klaargemaakte kos
– Vloeistowwe (veral water)

• Jy kan ook ’n geldelike bydrae maak aan die Volunteer Wildfire Services. Dit is vrywilligers wat hul vrye tyd opoffer om brande te help bestry. 

Tintswalo Atlantic, die boutique lodge geleë op Chapman’s Peak, het in Maart 2014 onder ’n veldbrand deurgeloop. ’n Jaar later, in 2015, het dié lodge besluit om hul eerste Phoenix Charity Dinner te hou, ’n geleentheid wat fondse insamel vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI). Vanjaar sal dit vir die derde keer by Tintswalo Atlantic gehou word. Kaartjies kos R1250.

Skakel Tintswalo Atlantic vir meer inligting – 021 201 0025.

Lees nou

20+ wenke om water te spaar – van jou kombuis tot jou tuin

Oorleef die hittegolf lag-lag en in styl

Suzelle oor 2017, ‘trouklokkies’ vir Marianne