Simeon & Hendriko
Hieroor praat mense

Help sanger om dié dowe seun te help

Toe Sonja Herholdt se seun Simeon Hamman, self ’n Afrikaanse sanger, van die dowe Hendrico gehoor het, het hy geweet hy moet iets doen om te help – en jy kan ook help.

Die 5-jarige Hendrico Ackerman van Secunda is doof, maar sy droom om weer te kan hoor is binne sy bereik. Simeon wil nou seker maak dié droom word bewaarheid. Deel van die wins van sy Kersfees-album, Dis Kersfees vir my, gaan hy skenk om klein Hendrico se koglêre-inplanting befonds.

Hoe kan jy help?

Koop die album in die winkel of in die iTunes-winkel.

SMS die woord “Kersfees” na 39963 om die titelsnit op jou selfoon af te laai. (SMS’e kos R15).

Hier is die musiekvideo vir die titelsnit, “Dis Kersfees vir my”: