FOTO Cadbury

FOTO Cadbury

Hieroor praat mense

Kan Oreo’s nog beter word? Ja, dit het pas, maar …

O, aardetjie! Daar hardloop ons voorneme om vanjaar gesonder te eet by die voordeur uit. Met Paasfees (min of meer) om die draai het die bekende sjokoladehandelsmerk Cadbury pas die Oreo Crème Egg bekendgestel.

FOTO Cadbury

FOTO Cadbury

Ons ken almal Cadbury se gewone Crème Egg: ’n sjokolade-eier gevul met ’n wit-en-geel fondantvulsel. Nou kan jy op die uitkyk wees vir een met stukkies van die gewilde Oreo-koekies daarbinne!

Maar soos dit maar met goeie uitvindsels gaan, is daar nou iemand wat beweer hy het die idee uitgedink lank voor die Oreo-eiers die supermark se rakke gesien het. Metro berig ene Nick Allam, ’n kommunikasiepraktisyn van Weston in Britanje, het glo reeds in 2015 die resep uitgedink en dit sommer aan Cadbury getwiet. Kyk ’n bietjie hier:

Screen Shot 2017-01-18 at 7.20.57 AM

FOTO Twitter/Nick Allam

En Cadbury het Nick destyds op Twitter teruggeantwoord. Of hulle sy idee gesteel het, weet ons nie, maar één ding is seker: Die eier gaan ’n moet-eet wees as jy van sjokolade hou!

Screen Shot 2017-01-18 at 7.21.08 AM

FOTO Twitter/Cadburry UK

Die eiers is vir eers nog nie beskikbaar in Suid-Afrika nie, maar ons reken jy sal dit binnekort by uitsoek-winkels kan kry.

Lus om met Oreo-koekies te bak? Hier is vyf resepte waarvoor niemand nee gaan kan sê nie. Klik hier.