FOTO: Twitter/ @nycjim

FOTO: Twitter/ @nycjim

Hieroor praat mense

Lugdiens help honde vlug voor vlamme

Dit lyk of die verwoestende brand wat reeds 88 000 mense gedwing het om hul huise te ontruim in Fort McMurray in Kanada se Alberta-provinsie, kan begin bedaar. Met koeler temperature en 40% kans op reën hoop Kanada vir ’n kans op verligting, berig Reuters. Vir die eerste keer in agt dae kon brandweermanne behoorlike rustye neem voor hulle die brande verder beveg.

Teen Sondag het mense gevrees dat dié brand dubbel sy grootte sou word, maar ligte reën het dit gelukkig verhoed.

Die brand het op 1 Mei begin en teen verlede Donderdag was meer as 85 000 hektaar reeds verwoes. En teen gister het die brand al skade aan 161000 hektaar gerig. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Tans is Fort McMurray, ’n oliestad, se kragnetwerk beskadig en die water is ondrinkbaar.

 

 

 

Die meeste van die inwoners het nie tyd gehad om hul besittings te ontruim nie en moes soms net met die klere aan hul lyf vlug. Duisende vlugtelinge kampeer nou in omliggende dorpe en stede.

 

 

Die lugdiens Canadian North het mense toegelaat om hul troeteldiere aan boord te neem tydens die ontruimingsvlugte. Verlede Woensdag was daar meer as 71 van dié vlugte.

Vir die volledige storie lees Reuters.

Kyk net hoe vreesaanjaend lyk die brand

Lees nou

In Sirië bring musiek hoop

Verwaarloosde leeus vind vrede in SA