FOTO Facebook

FOTO Facebook

Hieroor praat mense

Karin Kortje praat oor dáárdie aand

Die voormalige Idols-wenner Karin Kortje het vandag op haar Facebook geskryf oor die moord in 2006 op ’n gastehuis-eienaar, Renate Kellerman, in Durbanville. 

Haar ekskêrel Cheslyn Williams het Kellerman destyds vermoor. Hy is tot lewenslange tronkstraf gevonnis en is intussen oorlede. Maar vir die eerste keer het Karin erken dat sy haarself blameer vir haar aandeel in die hele episode, berig IOL.

In ’n Facebook-inskrywing vertel sy hoe ’n stuk van haar daardie dag saam met Kellerman gesterf het. Vir die volledige storie, lees IOL.

Ná die tragiese moord het Karin se loopbaan tot ’n stilstand gekom en skade gely. Talle optredes en geleenthede waarheen sy genooi was, is gekanselleer weens haar verbintenis met die moordenaar.

Lees nou

3 basiese items