FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Kim Jong-oen verban sarkasme

Baie Suid-Afrikaners se tweede naam is sarkasme. Ongelukkig verstaan en waardeer nie almal dié fyn kuns nie. En in Noord-Korea het die leier Kim Jong-oen sy voet behoorlik neergesit en sommer sarkasme geheel en al verban.

Volgens The Telegraph het Kim besluit sulke humor hoort nie in sy land nie. Openbare vergaderings is die hele land oor gehou om seker te maak niemand gebruik meer sarkasme nie. Daar sal glo streng opgetree word en ernstige gevolge wees indien iemand dit sou waag om sarkasties te wees.

En die frase “dis Amerika se skuld” mag veral nie meer in ’n sarkastiese toon gebruik word nie, berig The Telegraph. Kim is geneig om gereeld Amerika te blameer vir die res van die wêreld se probleme.


via GIPHY

Twee Amerikaanse akteurs, Seth Rogen en James Franco, het ironies genoeg in die 2014-prent The Interview die draak gesteek met dié leier. Die rol van Kim is vertolk deur die Amerikaanse akteur Randall Park.

Vir die volledige storie, besoek The Telegraph.

Lees nou

Selluliet: 7 dinge wat jy moet weet

Voormalige 7de Laan-akteur Christo Davids gaan pa word

Dis tyd om aan te beweeg – tekens jou verhouding is verby