Hieroor praat mense

Kim Kardashian: “Ek moes my hart volg”

“Daar’s verskillende media berigte daarbuite en dis moeilik om nie die negatiewe stellings mis te lees nie. Ek’t vir liefde getrou, en kan eintlik nie glo ek moet dit nou verdedig nie. Ek sou beslis nie soveel tyd aan iets spandeer het as dit net vir TV was nie… 

“Almal weet ek is ‘n romantikus, en dat ek met my hele hart en siel lief het. Ek het ‘n regte lewe met familie en baba’s begeer, dat ek my dalk te vining in ‘n huwelik begewe het.

“Ek’s eerlik en ek hoop julle respekteer my moed, want dit is nie maklik nie. Maar ek het geweet ek moes my hart volg. Ek het nooit bedoel om enigiemand seer te maak nie en ek neem volle verantwoordelikheid vir my keuses. Dit was toe nie die sprokiesverhaal wat ek gehoop het dit sou wees nie.

“Dit is onwaar dat die troue my miljoene dollars in die sak gebring het.”

Lees die volle blog-inskrywing by kimkardashian.celebuzz.com/blog

  • Michelle

    Ek is trots op haar oordat sy eerlik is!! ek weet daar was i tyd dat sy baie "wit leuens" vertel het, en almal het die reg op geluk!! Dis haar lewe en ek sou ook nie in ‘n verhouding wou bly, waar ek nie reg gevoel het nie.

    Baie sterkte Kim!!

  • wilma

    ‘n Mens gee nie so gou moed op nie – as dit ‘n hartsbesluit was moet sy werk aan die huwelik!!!

  • jeanriette pieters

    Wat ‘n rolmodel vir die jong kinders van vandag, ek is self net duskant 30, maar miskien moet sy eerder a "ashram", besoek dat sy ware diepte ontdek, "What does she give back to nature, only materialistic idealism".

  • Sorine

    Wat het sy nou uitgevind wat sy nie 74 dae gelede geweet het nie? Nee wat, ek koop nie die een nie!

  • Pieter

    Michelle – hoekom drink jy so vroeg in die dag al?

  • Hilda Visser

    Hierdie mense gee commen ‘n nuwe betekenins. My hond het meer diepte en "hart" as hierdie vrou. Sy was duidelik nog nooit werklik lief vir iets of iemand anders as geld nie.

  • pieter

    Mense begewe hul in verhoudings om hulself af te rond sonder inagneming dat niks sonder samewerking tot stand kom nie. As ‘n man was ek self daar, 30 jaar gelede. My vrou het uitgestap en alles die blaam gegee, ook haarself: glo te vinnig getrou. Buitendien was die predikant Duitssprekend. Niks wat ek wou doen of sê, kon help nie. Sy was bloot na twee en ‘n half jaar oortuig die aantrekking was verby.

    Nou ja, as ek genoeg het van iets, wie is die ander om my te oortuig dat iets die moeite is om aan te werk. En immers, ek kan weer nuut begin, want ek sal dan aan die nuwe verhouding werk; net nie aan die huidige een nie. Al wat ek vandag besef: daar is faktore buite die bewuste wat mense laat optree en weer in verhoudings laat begewe net om hulself te verbeel dié een is die moeite om aan te werk. Maar eintlik weet hulself nie waarom die vorige verhouding of die huidige een van mekaar verskil nie. Ons rasionaliseer alles om ‘n goeie rede: as ek nie myself ken nie, wie is ek, hoegenaamd? Die werklikheid is sprokie, en omgekeerd. Ons lewenstorie is net ons s’n. Miskien verduur ons te min: te min vreugde, te min pyn, te min van alles buiten ons eie opgeblasenheid.

    Pieter

  • Ndividia

    Sy is pragtig,

  • melandri

    you go kim you know what best for yourself hunny

  • chris

    Kim is ook maar baie stou,t as mens dit so kan noem. As mens so stout soos sy is, is dit nie vir ‘n huwelik beskore om te hou nie.

  • Madeleine

    Sy is pateties, dis al wat ek kan se. Hoe common kan mens nie raak nie. As sy gaan afkom aarde toe gaan dit met een helse "bang" wees.

  • meerkat

    wou iets kwytraak van hierdie gemors maar sal ‘n vrot smaak in my mond agterlaat….lees op yahoo wat sê die amerikaners van haar……….

  • ekke

    Mense en hulle dinge, ek is nie so desperaat om myself aan sulke goed bloot te stel nie,

  • Angelique

    Hoekom bly by iemand waarvoor jy nie lief is nie..tuurlik was dit nie slim om so vinnig te trou nie. Maar dit is haar lewe so moenie iemand oordeel nie as jy die mense nie ken nie. Glo my daar is genoeg mense wat so vinnig trou en net so vinnig skei..

  • Bosvark Namibia

    Not a celebrity, just another empty head, Hollywood Bimbo. Join the likes of Paris Hilton.
    This is not news at all.

  • Abrie

    Sensasie soekers!!!! Tipies Amerikaners, COMMEN

  • Adèle

    Ek stem saam met jou Pieter maar partykeer is ‘n verhouding of huwelik net nie die moeite om aan te werk nie, te veel pyn, te veel hartseer, te veel probeer net van een kant af, te veel glo in sprokies en dan besef die lewe is die harde werklikheid. Moenie almal oor een kam skeer nie vroue weet ook van seerkry en ek bewonder Kim dat sy die moed het om net weg te stap dit is nie vir almal so maklik nie.

  • Pen

    Ek weet nie wie hierdie "belangrike" Kardashains is nie – sien net elke dag opskrifte oor hulle op die koerant se webwerf. Dit alleen is genoeg om mens af te sit! Hulle klink na die tipiese Amerikaanse, rykmansgesin wat alles sal doen vir aandag en hierdie Kim na ‘n tipiese rykmanskind. Nee wat, nie vir my nie dankie!