kknk
Hieroor praat mense

KKNK 2015 sien jou daar!

KKNK 2015: Ons sien jou daar, tussen 3-11 April! Die 21ste jaar van feesvier in die Klein-Karoo. Kom kuier by ons in die SARIE-wêreld (4 vertrekke binne-in die CP Nel-museum). Ons eetplek in die vierkant is die hart van kuier, kos, en kleurryke SARIE-inspirasie. 

  • SARIE-winkel: Kom koop na hartelus! Ons bring ’n verskeidenheid SARIE- en ander produkte na die Klein-Karoo.
  • Voorbladgesig: Skryf by die KKNK in vir SARIE Voorbladgesig 2015. Nog voor ons landwyd daarmee afskop, gee ons feesgangers die geleentheid om EERSTE in te skryf. Ons neem jou af – 1, 2 ,3 – en siedaar! Jy is ingeskryf. Dit alles in ons nuwe
    Schwarzkopf-haar-ateljee.
  • SARIE se eetplek: in die vierkant van die CP Nelmuseum is dié plek om te wees – as jy nie in die teater is nie!
  • Kom kleur in: Die nuutste tydverdryf wêreldwyd is inkleur – ja, ook vir volwassenes. Kom kuier in ons inkleurkamer, deel jou kunswerk en staan die kans om ’n daaglikse prys te wen.
  • Ons foto-ateljee: Ons neem jóú af, jy kies die kleur en die opskrifte, en Hanri Gerischer,
    ons kunsdirekteur, plaas jou foto op ’n SARIE-voorblad wat jy kan koop en saamneem huis toe!
  • Kom gesels met die SARIE-redakteur, Michélle van Breda, tussen 3 en 8 April.

Spesiale fees-aanbod 

50% afslag wanneer jy inteken op SARIE & SARIE KOS. Dus R452 vir 12 SARIE’s + 6 SARIE KOS-uitgawes

OF

Teken in op SARIE  @ 35% afslag. R345 vir 12 uitgawes

OF

Teken in op SARIE KOS @ 35% afslag. R206 vir 6 uitgawes

OF

Teken in op SARIE en ontvang ’n SARIE-intekening vir iemand spesiaal. Betaal slegs R568 vir 24 SARIE’s (12 vir jou en 12 vir iemand anders).

Koop ook jou nuutste uitgawe van SARIE en SARIE KOS. En as jy een gemis het, kry SARIE KAROO, kreatief, karamel, BRUID en WOON teen slegs R20 per boek.

sarie

*Aanbiedinge net geldig vir KKNK, en geen afslag op posgeld of BTW nie.

 KKNK21: SARIE se Top-10 dit móét jy sien!

  1. In glas deur Nicola Hanekom.
  2. Siener in die suburbs met onder andere Shaleen Surtie-Richards, Brendon Daniels en DJ Mouton.
  3. kykNET se fliek-piekniek: spesiale voorskou van Abraham deur Jans Rautenbach.
  4. Die wagkamer met Elize Cawood en Wilson Dunster.
  5. Die seemeeu met Marius Weyers, Deon Lotz, Rolanda Marais en Sandra Prinsloo.
  6. kykNET Silwerskerm Pops met Brandon October, Laurika Rauch, Jannie Moolman,
    Joshua na die Reën en meer.
  7. Rhapsody in Karoo met Charl du Plessis en Corlea Botha.
  8. Bravo! in die Karoo-gespreksreeks met Hannes van Wyk.
  9. Kosgesprekke met SARIE se Herman Lensing.
  10. Is duidelik van Emo Adams

Lees ook