FOTO: Yuri / Getty Images

FOTO: Yuri / Getty Images

Hieroor praat mense

Knip ’n uiltjie – dis goed vir jou!

Ondanks die koffie en die glas water wat jy ná middagete gedrink het, sukkel jy om jou oë oop te hou. Boonop moet jy nog twee uur werk voor jy kan huis toe gaan!

Dié moegheid en tekort aan konsentrasievermoë wat baie van ons in die middag ervaar, is nie ’n nuwe verskynsel nie. En om meer slaap in die nag te kry sal dit ook nie laat verdwyn nie, skryf Natural Society. Lees die volledige artikel hier

Die oplossing? ’n Middagslapie!

Volgens nuwe navorsing is ’n power nap veel meer as ’n aktiwiteit vir lui mense. Navorsers aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, het bevind dat ’n uur lange slapie in die middag jou weer nuwe breinkrag kan gee én jou boonop help om beter te onthou.

As jy vir vyf tot 20 minute ’n uiltjie knip, kan dit jou brein boonop weer vars en helder maak sodat jy met nuwe energie verder kan werk, vertel slaapkenners aan Collective Evolution.

Die kenners verduidelik dat 20 minute se rus jou brein vinnig vars maak. Dié dat groot maatskappye soos Google en Apple hul werkers deesdae toelaat om vir kort tye by die werk te slaap. Ná 30 minute se slaap begin jy egter sukkel om wakker te word en jy benodig omtrent nóg 30 minute voordat jy die volle voordele van jou middagslapie voel inskop. Hoewel jy ná 60 minute effens deurmekaar sal voel, behoort dié ruskans jou te help om feite te onthou, maar ná 90 minute is jy in die dieper vlakke van slaap, wat beteken jy betree ’n volle slaapsiklus.

Dit beteken dat ons slaap kan gebruik as ’n manier om weer vars en produktief te voel. En studente en skoliere wat eksamen skryf, kan selfs 60 minute se slaap gebruik om feite makliker te herroep.

Nou is die uitdaging om jou baas te vra vir slaaptyd by die werk …

Bronne: Natural Society, UC Berkeley News Centre &Collective Evolution

Nóg oor slaap op SARIE.com