FOTO: Instagram  starbucks

FOTO: Instagram starbucks

Hieroor praat mense

Koffie-aanhangers juig – Starbucks kom SA toe!

Die beroemde koffiehuis Starbucks gaan ‘n winkel in Suid-Afrika oopmaak! Johannesburgers kan teen middel 2016 hul eerste koppie van dié koffie geniet. 

 starbucks

FOTO: Instagram starbucks

Bloomberg.com berig Starbucks het ’n ooreenkoms met Taste Holdings Ltd. gesluit om die handelsmerk Suid-Afrika toe te bring. Dié maatskappy sal vir ‘n geskatte 25 jaar alleenreg op die gesogte Starbucks-handelsnaam in Suid-Afrika hê, met regte om nóg takke in die res van Afrika oop te maak.

Carlo Gonzaga, uitvoerende hoof van Taste Holdings Ltd., het gesê Starbucks is opgewonde om vir die eerste keer koffie te verkoop op dieselfde kontinent as waar hul koffiebone vandaan kom.

Hy het bygevoeg dis belangrik dat die handelsnaam se produkte vir die plaaslike gebruiker relevant moet wees. Die Suid-Afrikaanse Starbucks sal byna identities wees aan sy Amerikaanse eweknie, maar die spyskaart sal effens aangepas word vir die plaaslike mark. Daar sal byvoorbeeld rooibostee in die SA Starbucks beskikbaar wees.

Starbucks was net gedurende die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi tydelik in Suid-Afrika beskikbaar.

Bronne: Bloomberg.com & Fin24.com

Lees nou

  • LandiG

    Ek koop al jare Starbucks se Vanilla Rooibos tee blikkie met 15 sakkies as ek oorsee gaan!! Kan nie wag hiervoor nie!!!