FOTO Annie Leibovitz

FOTO Annie Leibovitz

Hieroor praat mense

Koningin Elizabeth kry nóg ’n agterkleinkind

Dis nou hoe jy die nuwe maand moet begin of hoe, koningin Elizabeth II? Die 90-jarige monarg gaan vir die sesde keer ’n oumagrootjie word! Sy het reeds 8 kleinkinders en 5 agterkleinkinders.

Nee, dis nie ’n derde pienkvoet vir die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, nie. Hoewel dit baie oulik sal wees om prins George en prinses Charlotte saam met nog ’n klein Cambridge te sien.

Nee, Zara Phillips en haar man, Mike Tindall, het aangekondig dat hulle in 2017 ’n tweede kind gaan verwelkom, berig Daily Mail. Zara is die dogter van koningin Elizabeth se enigste dogter, prinses Anne. Die paartjie is reeds die trotse ouers van ’n dogtertjie, Mia, wat byna drie is.

Koningin Elizabeth en haar man, prins Philip, is glo in ekstase oor dié kleintjie se koms. Die paartjie het onlangs hul 69ste huweliksherdenking gevier!

Lees nou

Bradley Cooper word pa!

Springbok Duane Vermeulen word weer pa!

Is dié celeb-verliefdes ook verloof?